Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Coke raak ontslae van TaB – ook in SA

TaB gaan teen die einde van die jaar van die winkelrakke af verdwyn. Foto: Coca-Cola

Verkies jy nog TaB bó ander koladrankies, die suikervrye kola-drankie wat veral in die 1980’s gewild was? Indien wel, gaan jy binnekort moet oorskakel na ’n ander drankie.

Coca-Cola in Amerika het Vrydag aangekondig hy het besluit om die produksie van TaB op 31 Desember te staak.

Die plaaslike filiaal van Coca-Cola het Maandag aan Netwerk24 bevestig dat dit hier ook die geval is.

Cath Coetzer, internasionale hoof van innovasie en bemarking by Coca-Cola in Amerika, sê in ’n verklaring die besluit om TaB te laat gaan, is nie noodwendig om spesifieke handelsname te sluit nie, maar “om eerder op handelsname te fokus waar groei bewerkstellig kan word”.

Die maatskappy sê hy het lank voor die Covid-19-pandemie reeds besluit om al sy produkte te heroorweeg.

In die Amerika gaan hy ook nie meer Zico-kokosneutwater, Coca-Cola Life en Diet Coke Fiesty Cherry maak nie.

TaB is vir die eerste keer in 1963 gemaak. Dit is bemark as Coca-Cola se eerste “dieet”-koeldrank en is hoofsaaklik aan vroue bemark.

In Suid-Afrika bevat TaB geen kafeïen nie. 

Coca-Cola sê juis in die verklaring dat nuwer, suikervrye weergawes soos Coca-Cola Zero en Coca-Cola Light blyk om meer gewild as TaB te wees.

* Coca-Cola Suid-Afrika het bevestig dat Coca-Cola No Sugar No Caffeine is 'n produk wat in Suid-Afrika beskikbaar is, en wat net soos TaB geen suiker of kafeïen bevat nie. Netwerk24 het voorheen verkeerdelik berig dat daar geen kola produk is wat nie kafeïen bevat nie.


Meer oor:  Coca-Cola
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.