Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Coke verloor miljarde in markwaarde

Nadat die Portugese sokkerheld Cristiano Ronaldo hom vererg het oor daar botteltjies Coke voor hom op ’n nuuskonferensie neergesit is, het Coca-Cola skynbaar $4 miljard in markwaarde verloor.

Ronaldo (36), duidelik nie ’n aanhanger van gaskoeldrank nie, het Maandag op die Euro 2020-nuuskonferensie die twee bottels Coke voor hom weggeskuif, ’n waterbottel nader getrek en in Portugees geskree: “Drink water!”

Hy het die nuuskonferensie as kaptein van Portugal se nasionale span toegespreek voor hul deelname Dinsdag aan die Groep F-openingswedstryd teen Hongarye.

Coca-Cola, wat een van die amptelike borge vir die Euro 2020 is, het volgens The Guardian in ’n verklaring hierop gereageer deur te sê elkeen is geregtig op hul voorkeure van koeldrank.

Hoewel die koeldrankmaatskappy die gebaar ligtelik afmaak, het Coca-Cola se aandeelprys glo byna onmiddellik nadat die voorval bekend geword het, met 1,6% gedaal. Hul aandeelprys het van $56,10 tot $55,22 gedaal, terwyl die markwaarde van Coca-Cola van $242 miljard tot $238 miljard geval het.

Ronaldo is ’n alombekende gesondheidsfanatikus en sy gewildheid kan gemeet word aan sy byna 300 miljoen volgelinge op Instagram. Hy het Dinsdag weer eens bewys hoekom hy een van die bekendste sokkerspelers ter wêreld is toe hy twee van die drie doele teen Hongarye aangeteken het. Portugal het Hongarye met 3 – 0 geklop. Reuters

Cristiano Ronaldo.nadat sy span Hongarye Dinsdag geklop het. Foto: Reuters



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.