Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair, FlySafair kanselleer alle vlugte tot in April
Comair het al sy vlugte tot 19 April gekanselleer. Foto: Felix Dlangamandla

Twee van Suid-Afrika se grootste plaaslike lugdienste, Comair en FlySafair, gaan alle vlugte opskort weens die nasionale staat van inperking wat Maandagaand aangekondig is.

Comair, wat British Airways en Kulula bedryf, sluit tussen 26 Maart en 18 April en sal geen vlugte in hierdie tyd onderneem nie. Normale geskeduleerde vlugte sal weer op 19 April hervat, sê die maatskappy in ’n verklaring.

FlySafair skort al sy vlugte op tussen 26 Maart en 20 April, het die lugdiens op sosiale media aangekondig.

“Ons word deur een van die mees verwoestende wêreldwye pandemies in die moderne tyd gekonfronteer,” sê Comair Dinsdag in ’n verklaring.

Daarom het die maatskappy die ongekende stap geneem om al sy vlugte te kanselleer en sy werknemers te vra om van die huis af te werk. Alle bedrywighede word tussen 26 Maart en 18 April gestaak.

Mango het teen Dinsdagoggend nog nie die kansellasies van sy vlugte aangekondig nie. Die lugdiens sê wel hy “hersien sy beleid” in lig van die aankondiging van ’n nasionale staat van inperking en sal binnekort sy passasiers inlig wat gaan gebeur.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ook nog geen amptelike aankondiging gedoen oor vlugte tydens die staat van inperking nie.

Suid-Afrikaners sal vir ’n tydperk van drie weke geen nienoodsaaklike reise mag onderneem nie. Vlugte gaan wel Dinsdag en Woensdag voort soos normaal. Geen Comair- of FlySafair-vlug sal egter Donderdag, die laaste dag voor die staat van inperking in werking tree, vlieg nie.

Comair het Dinsdag gevra dat enige passasier wat ’n vlug vir Dinsdag of Woensdag bespreek het en dit nie meer gaan gebruik nie, hul kaartjie moet kanselleer sodat die lugdiens moontlik ’n ander passasier kan help om te vlieg voordat die inperking begin.

Passasiers kan kaartjies gratis kanselleer of tot ’n latere datum skuif. Dit geld wel net vir kaartjies wat voor of op 23 Maart aangeskaf is vir reise tot 17 Mei 2020. Passasiers wat kaartjies heeltemal kanselleer, sal ’n krediet ontvang wat hulle binne 12 maande op ’n ander vlugkaartjie moet bestee.

Dié staat van inperking plaas “enorme druk” op Comair se volhoubaarheid as lopende saak, sê die maatskappy.

Comair het reeds Maandag met ’n art. 189-proses ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge begin. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense die maatskappy wil aflê nie.

LEES OOK: Comair gaan aflê te midde van reis-krisis

Meer oor:  Mango  |  Kulula.Com  |  Flysafair  |  Comair  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Maatskappye  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.