Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair gee vliegkans tot Oktober 2021

Jy het drie keuses as jy ’n vliegkaartjie regstreeks by Kulula.com of British Airways gekoop het, maar weens die Covid-19-inperkings en hul beheergroep Comair se sakeredding nie kan vlieg nie.

As jy ’n vlug op kulula.com of British Airways bespreek het, maar nie kon vlieg nie weens die inperking, kan jy steeds jou bespreking gebruik vir enige nuwe vlugte tot en met einde Oktober volgende jaar, het Comair Vrydag gesê.

1. Jy kan die bespreking behou en dit gebruik vir enige nuwe vlug tot einde Oktober 2021;

2. Jy kan jou geld terugvra, maar dan word jy ’n krediteur en staan in die ry saam met al die ander krediteure van Comair ingevolge sy sakereddingsproses; óf

3. Jy kan besluit om enige eis vir ongebruikte vlugte te laat vaar (in effek is dit dan ’n skenking aan Comair om hom te help oorleef).

As jy nie teen 17 Junie hieroor besluit nie, sal Comair die eerste opsie neem en jou toelaat om tot 31 Oktober volgende jaar die vlugbespreking te gebruik, onderhewig aan beskikbaarheid en enige verskille in tariewe en belastings wat teen daardie tyd en vir die spesifieke vlug geld.

Dít spruit uit die jongste besluite van Comair en sy sakereddingspraktisyns oor die hantering van ongebruikte vlugbesprekings deur individuele kliënte, maatskappye, reisagente of groepe.

Die bogenoemde opsies is beskikbaar vir mense wat by kulula.com of British Airways ’n vliegkaartjie gekoop het vir ’n vlug tussen 14 Maart en 31 Oktober vanjaar, en as die vliegkaartjienommer met die syfers 161 begin. Dié mense moet teen 17 Junie ’n vorm (Customer Election Form) invul wat hulle op Comair se webblad onder die afdeling “Business Rescue” sal vind.

Mense met vlugbesprekings wat deur ’n derde party soos ’n reisagent gedoen is, en waar die kaartjienommer nie met die syfers 161 begin nie, moet hul navrae rig aan die reisagent of instelling by wie hulle oorspronklik die kaartjie bespreek het. Die kontaklys vir Comair se reisagent- en lugdiensvennote is ook op sy webblad beskikbaar, sê Comair in ’n verklaring.

Oor die gevalle waar mense via Vitality, kulula.com, mtbeds of Kulula Holidays vliegkaartjies vir Emirates, Qantas of British Airways International gekoop het, of enige hotelbesprekings gedoen het, sal Comair binnekort meer inligting bekend maak. Dit geld besprekings wat gekanselleer is, of waar terugbetalings geëis is.

Comair het op 5 Mei om sakeredding aansoek gedoen. Dit kom nadat die regering die nasionale inperking teen einde Maart ingestel het en alle internasionale en binnelandse vlugte gestaak is. Die lugdiensbedryf verwag beperkte vlugte sal eers teen vlak 2 van die nasionale inperking toegelaat word, en dit kan eers teen Oktober of November wees. Die staatsbeheerde lugdiens SAL is ook in sakeredding, en SA Express is in voorlopige likwidasie.

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Covid-19  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.