Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair kry weer uitstel vir reddingsplan

Die sakeredders van Comair het die meeste van die lugdiens se krediteure oortuig om opnuut uitstel aan hom te gee vir die publikasie van sy reddingsplan.

Comair se sakereddingsplan sal nou eers op 28 Augustus gepubliseer word. Foto: Comair

Dit is die vierde keer dat die reddingsplan nou al uitgestel word.

Die sakeredders, Richard Ferguson en Shaun Collyer, het Dinsdag opnuut om uitstel aansoek gedoen nadat die sakereddingsplan Dinsdag gepubliseer moes word.

Danksy die jongste uitstel sal die plan nou eers oor ’n maand, op 28 Augustus, gepubliseer word.

Die rede vir uitstel is om die sakeredders kans te gee om korttermyn-oorbruggingsfinansiering te beding en te vorder met die onderhandelings oor aanbiedinge deur potensiële beleggers.

Comair, wat British Airways in Suid-Afrika en Kulula.com bedryf, sukkel nog om oor ’n tweede niebindende aanbod wat die lugdiens ontvang het te onderhandel sodat dit by die finale sakereddingsplan ingesluit kan word.

Dié aanbod vir finansiering is ter elfder uur op 21 Junie ontvang, slegs twee dae voordat die plan veronderstel was om gepubliseer te word.

Volgens die sakeredders is die niebindende aanbod moontlik genoeg om die hele sakereddingsproses te

finansier in ruil vir ekwiteit in die maatskappy en skuld.

Aanvanklik het die sakeredders gedink die maatskappy sal geherkapitaliseer moet word deur middel van onder

meer die uitreiking van nuwe aandele, maar dit sou die huidige aandeelhouers se belange wesenlik verwater het.

Comair moet dringend oorbruggingsfinansiering bekom om sy bedryfsuitgawes en die koste van die sakereddingsplan te dek.

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Lugdienste  |  Sakereddingsplan  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.