Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair ’n boelie, sê klein firma wat hy wil uitskop

Comair volg die hoogste standaarde in sy sakebedrywighede en handhaaf dit reeds vir meer as 73 jaar.

Barbara Walsh, stigter en besturende direkteur van die leierskapkonsultasiefirma Metaco, is in ’n regstryd gewikkel met die lugdiensmaatskappy Comair.

Só reageer die lugdiensmaatskappy Comair, wat die laekostelugdiens Kulula en die plaaslike franchise van British Airways bedryf, op bewerings dat hy oneties, aggressief en in kwader trou opgetree het in sy transaksie met die kleinsakeonderneming Metaco.

“Ongelukkig werk alle samesmeltings en vennootskappe nie uit nie, en dit was die geval met Metaco. Die saak is die onderwerp van regstappe en ons is nie van plan om die saak deur die media te voer nie,” het Comair Donderdag gesê.

Dit kom ná bewerings deur Barbara Walsh, stigter en besturende direkteur van Metaco, dat Comair aggressiewe boelietaktiek teen die onderneming gebruik het toe hy in Junie skielik besluit het om die oorname van Metaco ongedaan te maak.

Comair het Metaco in Julie verlede jaar vir R30,3 miljoen gekoop. Dit is ’n leierskapkonsultasiefirma en sou Comair help om ’n innoveringsakademie vir die internasionale lugvaartsektor te skep, volgens Walsh.

Maar Comair se sake met Metaco is daarna binne ses maande met 80% gesny en boonop het Comair terugbetaling geëis vir ’n lening van R1,7 miljoen wat hy aan Metaco toegestaan het.

Glenn Orsmond, mede- uitvoerende hoof van Comair, het op 15 Julie ook daarop aangedring dat Metaco R12,8 miljoen plus rente – deel van die koopprys vir die onderneming – terugbetaal. Dit was toe hy nog nie eens amptelik die rol van uitvoerende hoof beklee het nie, beweer Walsh.

Sy meen Comair het oneties en konfronterend opgetree en nou moet die stigters van Metaco sukkel om die stukke op te tel van ’n eens florerende onderneming. Comair het in kwader trou opgetree, meen Walsh.

“Dié korporatiewe vyandigheid stem nie ooreen met Comair se uitgesproke waardes van integriteit, sterk etiek en goeie korporatiewe bestuur nie. As ’n onderneming is Metaco piepklein vergeleke met Comair. Maar ons sterk en etiese beginsels rig ons as ’n onderneming op ons pad vorentoe,” sê Walsh.

Comair het met die onlangse bekendmaking van sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie gesê hy het besluit om van Metaco ontslae te raak weens swak prestasie.

Comair se aandeelprys was Donderdagmiddag meer as 3% laer op R3.

Meer oor:  Metaco  |  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.