Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair vlieg dalk eers weer in November

Comair, wat plaaslik die lugdienste British Airways en Kulula bedryf, gaan as deel van sy sakereddingsplan ontslae raak van meer as die helfte van sy vliegtuie.

Kulula sal straks eers teen November weer vlieg - as krediteure instem tot Comair se sakereddingsplan.

Die lugdiens sê Dinsdag in ’n verklaring hy het baie navorsing gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat ’n verkleinde vloot al opsie is wat sin maak gegewe die maatskappy se verliese en die verwagte laer aanvraag vir vlugte ná die Covid-19-pandemie.

Comair sal dus sy vloot van 27 vliegtuie verminder tot slegs 13 Boeing 737-800’s. Hy sal egter nog drie verouderde 737-400’s as spaarvliegtuie behou.

Comair het Dinsdag aangekondig dat hy nie op vlak 3 van die staat van inperking weer sal vlieg nie, al maak die regulasies in ’n beperkte mate daarvoor voorsiening.

Die lugdiens sal met sy verkleinde vloot nou eers in November weer vlieg. Dít is egter slegs as die maatskappy ’n “beduidende” kontantinspuiting sou kry van sy krediteure as deel van sy sakereddingsproses wat op 5 Mei begin het.

“Die vliegtuie is tans in ’n bewaringsprogram om te verseker dat hulle weer gereed is om te vlieg, maar die hervatting van bedrywighede nou sou dit noodsaak om brandstofverskaffers te bekom en talle ander koste te dek wat die lugdiens nie sonder ’n beduidende kontantinspuiting kan doen nie.”

Gesprekke is in ’n gevorderde stadium met ses uit 30 moontlike finansierders, en as dit sou slaag, sal Comair beslis weer vanaf 1 November kan vlieg.

Krediteure van die maatskappy sal betaal word deur die verkope van niekernbates, die invordering van kapitaal deur ekwiteit en/of die uitreiking van nog aandele.

Verhandeling in Comair-aandele op die JSE is al op 5 Mei gestaak.

Hy hoop om die proses om sy krediteure te betaal teen 31 Oktober af te handel.

Daarná sal die sakeredders, Shaun Collyer en Richard Ferguson, die bestuur van die maatskappy weer teen 31 Maart 2021 aan die direksie oorhandig.

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Covid-19  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Vlak 3  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.