Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair staak alle vlugte

Comair, wat Kulula.com en plaaslik British Airways bedryf, gaan van Maandag af alle vlugte staak te midde van die derde vlaag van Covid-19-infeksies.

Alle vlugte van Kulula en British Airways sal tot 29 Julie gestaak word.

Die maatskappy sê in ’n verklaring hy moes die moeilike besluit neem om klante en werknemers se lewe te beskerm namate die getal infeksies aanhou klim. Reisbeperkings na en van Gauteng wat op 28 Junie in werking getree het, raak ook die lugdiens se sake.

Glenn Orsmond, uitvoerende hoof van Comair, het klante wat deur die opskorting geraak is, om verskoning gevra.

“Dit was ’n moeilike besluit, maar ons glo dat dit die regte manier is om op te tree vir ons getroue klante en werknemers.”

Comair sê hy sal tentatief op 30 Julie vlugte hervat, na gelang van hoe die infeksiekoers lyk, of die vlaag in Gauteng onder beheer gebring is en of regulasies dit toelaat.

Volgens Comair kan enigeen wat reeds ’n kaartjie besit, gratis hul vlugtyd aanpas tot enige datum binne 12 maande van die vlugdatum af. Dit geld enigeen wat reeds ’n kaartjie gehad het vir ’n vlug van 28 Junie tot 29 Julie.

Richard Ferguson, sakereddingspraktisyn van Comair, het die tydelike opskorting as ’n “moedige en verantwoordelike stap” beskryf.

Ferguson sê benewens die verbod op reise vir ontspanning na Gauteng, vind baie min reise in elk geval in ander dele van die land plaas, sowel vir sake as ontspanning.

Geen aansluitingsvlugte van internasionale vlugte is op die oomblik nodig nie omdat oorsese toeriste ook nog uit die land wegbly.

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Covid-19  |  Inperking  |  Vlugte  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.