Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair-staking: Nog geen nuus
Comair, wat Kulula en British Airways in Suid-Afrika bedryf, sê hy doen alles moontlik om ontwrigting weens 'n moontlike staking oor die Paasnaweek te minimaliseer.

Daar is nog geen nuus oor of die lugdiens Comair ’n moontlike staking oor die Paasnaweek kon afweer of nie.

Comair bedryf British Airways en Kulula in Suid-Afrika.

Comair het Donderdag bevestig dat ’n hofsaak in die arbeidshof om 10:00 begin het.

Comair wil ’n dringende interdik bekom om te keer dat die metaalwerkersvakbond Numsa se lede staak.

Numsa het Comair Dinsdag per kennisgewing ingelig dat sy lede van Donderdag af gaan staak. Van Comair se sowat 2 200 lughawepersoneel is 704 lede van Numsa.

Comair het passasiers die versekering gegee dat ’n staking by lughawens nie Paasnaweekreise sal ontwrig nie. Hy stel wel voor dat passasiers hul instapkaartjies aanlyn bespreek om vertragings te vermy.

Die O.R. Tambo-lughawe waarsku juis Donderdag in ’n verklaring dat dié naweek een van die besigste van die jaar is.

Die lughawe verwag Donderdag dat sowat 35 000 passasiers deur die lughawe gaan beweeg.

Bongiwe Pityi-Vokwana, hoofbestuurder van die lughawe, verseker passasiers dat die lughawe gereed is vir die besige naweek.

“Ons spanne is van 04:30 aan diens om sekuriteit, parkeerplek, passasiers, bagasie en vliegtuigvoorbereidingsaktiwiteite te hanteer.”

Sy sê dat bestuurders en toesighouers ook “deur die lughawe loop” om te verseker dat hulle ’n eerstehandse indruk het van hoe passasiers daardeur beweeg.

“Ons het noodplanne vir moontlike probleme of afbreekpunte in al ons stelsels. Elke span het ’n reaksietyd wat wissel van vyf tot tien minute op die meeste.

“Ons hele span is gemotiveerd en vasbeslote om te verseker dat passasiers hul reise vlot begin. Indien probleme opduik, sal ons hulle vinnig en doeltreffend help,” sê Pityi-Vokwana.

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Lughawe  |  Paasfees  |  O.R. Tambo-Lughawe  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.