Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair vra 4de uitstel vir reddingsplan

Comair se sakeredders het vir die vierde keer uitstel vir die uitreiking van die lugdiens se sakereddingsplan gevra – dié keer vir ’n maand.

’n Vliegtuig van die laekoste-lugdiens Kulula by die OR Tambo Internasionale Lughawe.

Die versoek is nou dat die plan eers op 28 Augustus gepubliseer word.

Dit is sodat die sakeredders, Shaun Collyer en Richard Ferguson, korttermyn-oorbruggingsfinansiering kan beding en met die onderhandelings oor aanbiedinge deur potensiële beleggers kan vorder.

Comair, wat British Airways in Suid-Afrika en Kulula bedryf, het twee aanbiedinge van beleggers ontvang, waarvan een reeds ’n bindende aanbod is. Daar is egter verskeie voorwaardes waaraan voldoen moet word.

Die twee aanbod is nog nie-bindend en die sakeredders pleit vir nog tyd sodat die onderhandelings sodanig kan vorder dat die aanbod by die finale sakereddingsplan ingesluit kan word.

Comair moet dringend oorbruggingsfinansiering bekom om sy bedryfsuitgawes en ook vir die koste van die sakereddingsplan te kan betaal.

’n Vorige aanbod waarvoor Comair se sakereddingsplan ook op die lange baan geskuif is, het deur die mat geval.

Comair se krediteure moet teen 12:00 op 29 Julie aandui of hulle uitstel sal toestaan.

Comair is reeds op 5 Mei in sakeredding geplaas. Sakeredders het ingevolge die Maatskappywet 25 dae om hul sakereddingsplan aan die krediteure voor te lê, maar mag die krediteure om uitstel vra.

Comair se sakeredding is genoodsaak deur die staat van inperking, wat vliegtuie vir alle praktiese doeleindes gehok het. Beperkte vlugte word wel nou toegelaat, onder meer vir werkdoeleindes, maar Comair het vroeër gesê hy gaan waarskynlik eers weer in Oktober vlieg.

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Covid-19  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.