Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair en Kulula: Nog vlugte is vertraag!
Van Kulula en British Airways se vliegtuie mag Dinsdag moontlik nie kan opstyg nie. Foto: Verskaf

As jy vandag met British Airways óf Kulula gaan vlieg, maak seker jou vlug is nog op skedule.

Dit volg nadat Comair, wat dié twee dienste bedryf, Dinsdagoggend in die vroeë oggendure gewaarsku het dat van sy vliegtuie moontlik nie Dinsdag sal kan opstyg nie.

Comair sê in ’n verklaring hy het ’n kennisgewing van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) ontvang wat “verband hou met onreëlmatige bevindings wat in ’n onlangse oudit van ons verskaffer van instandhoudings- en tegniese dienste, Suid-Afrikaanse Lugdiens Tegnies, geïdentifiseer is.

“Geraakte vliegtuie mag nie gevlieg word totdat die nodige regstellende aksie geneem is nie,” lui die verklaring.

Comair sê hy is daartoe verbind “om ’n veilige en betroubare lugdiens van gehalte aan sy kliënte te lewer”. “Die veiligheid van ons kliënte en personeel is ons grootste prioriteit en word nooit in die gedrang gebring nie.”

Hy sê verder in die verklaring hy handhaaf sy operasionele veiligheidsouditakkreditering by die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), wat die implementering van die beste praktyke wêreldwyd in bedryfsveiligheid verseker. Die maatskappy word ook deur British Airways Internasionaal, die Boeing-maatskappy sowel as die BLO geoudit.

Comair het deur die loop van die oggend op twitter gesê dat vier van sy vliegtuie is reeds weer in bedryf gestel. Hy verwag al sy vliegtuie sal teen Woensdag die nodige klarings ontvang het om te kan vlieg. Hy waarsku egter kort na 10:30 dat "sowat 'n derde van sy vlugte beïnvloed is".

Hoewel Kulula teen 13:15 geen vlugte aandui wat verander nie, is daar verskeie vlugte van British Airways wat verander. Dit sluit in:

  • BA6414 van Kaapstad na Johannesburg
  • BA6207 van Johannesburg na Durban
  • BA6212 van Durban na Johannesburg
  • BA6427 van Johannesburg na Kaapstad
  • BA6438 van Kaapstad na Johannesburg

Van die passasiers word nou op vlugte wat vroeër vertrek geakkommodeer. Die lugdiens sê passasiers moet dus seker maak wanneer hulle gaan vertrek en op watter vlug.

Comair sê hy het gebeurlikheidsplanne in plek en sal alles in sy vermoë doen om die invloed op sy bedrywighede te minimaliseer. Hy vra dat passasiers wat sy dienste gebruik óf sosiale media moet volg óf die onderskeie dienste se webtuistes moet besoek. Hulle kan ook sy inbelsentrums bel.

Die inligting is soos volg:

  • British Airways: 011 921 0222 en ba.com;
  • Kulula: 086 158 5852 en kulula.com.
Meer oor:  British Airways. Sal Tegnies  |  Kulula  |  Comair  |  Veiligheid  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.