Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Computicket se appèl afgewys
Computicket word deur die Shoprite-groep besit.

Die Mededingingsappèlhof het ’n aansoek van Computicket om te appelleer teen ’n beslissing van die Mededingingstribunaal afgewys.

Netwerk24 het in Januarie berig die tribunaal het bevind Computicket, wat aan die Shoprite-groep behoort, moet R20 miljoen opdok vir oortredings van die Wet op Mededinging.

Die tribunaal het bevind die oortredings het van 2005 tot 2010 plaasgevind.

Die uitspraak het gevolg nadat die Mededingingskommissie ’n ondersoek afgehandel het wat getoon het Computicket het langtermynkontrakte gebruik om nuwe toetreders tot die mark vir kaartjieverkope uit te sluit. Die kommissie het bewyse gelewer dat Computicket van sy klante vereis het of hulle oortuig het om nie transaksies met sy mededingers te sluit nie.

LEES OOK: Computicket met R20 m. beboet

Regter Penelope Boqwana het in haar uitspraak gesê sy is oortuig dat die poging om ander uit te sluit, ’n wesenlike impak gehad het om die mark vir mededingers te sluit. Sy is ook oortuig daar is bewyse wat daarop dui dat verbruikers werklik benadeel is.

Computicket het ook geappelleer teen die boete en aangevoer die tribunaal moes dit nie gelyk aan amper 10% van sy omset gemaak het nie. Die maatskappy het aangevoer die enigste bewyse wat die Mededingingskommissie kon lewer oor die verhindering van mededingers se handeldrywing was in verband met ’n baie klein gedeelte van die hele mark (3%), naamlik die verkope van kaartjies vir teaters.

Boqwana het nie daarmee saamgestem nie en het gesê die bewyse wat gelewer is, was oor alle klante van Computicket en nie net teaters nie.

Die appèl is met koste afgewys, ingesluit die koste van twee regsadviseurs.

Die regterpresident van die Mededingingsappèlhof, Dennis Davis, en waarnemende mededingingappèlregter David Unterhalter het met die uitspraak saamgestem.

Meer oor:  Computicket  |  Shoprite  |  Mededingingstribunaal  |  Boete  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.