Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Consol: R8 m. per dag in drein af

Die glasverpakkingsbedryf in Suid-Afrika kan nog R1,5 miljard se verkope verloor as die onlangste verbod op alkoholverkope lank voortduur, sê Mike Arnold, die uitvoerende hoof van die glasbottelvervaardiger Consol.

Consol vervaardig bier- en wynbottels, maar die vraag na sy produkte is tans baie laag.

Alkoholverkope is einde Desember vir die derde keer verbied en dié verbod is verlede week verleng.

Die regering voer aan dit is om die bykomende druk op hospitale te midde van die Covid-19-pandemie te verlig wat ontstaan weens drankverwante ongelukke.

Volgens Arnold het die eerste twee keer wat die verbod ingestel is, gelei tot die verlies van meer as R1,5 miljard vir die glasverpakkingsbedryf.

Arnold maan oor waarskynlike werksverlies by Consol en in groot dele van sy verskaffingsketting.

Hy sê enige groot en verlengde verlies aan vraag, op kort kennisgewing, gaan “katastrofies” wees.

Die maatskappy, wat wyn-, drank- en bierbottels aan die drankbedryf verkoop, bestee R8 miljoen per dag om produksie en oonde aan die gang te hou al het bestellings opgedroog.

LEES OOK: Hoe lank nog, vra drankbedryf oor verbod

Volgens hom is die maatskappy se skuld besig om op te hoop.

Hy sê Consol kanselleer nog nie enige beplande beleggings nie en wag om te sien hoe lank die huidige verbod gaan duur.

Die maatskappy gaan wel R800 miljoen wat gebruik sou word om sy smeltoonde se vermoë te verbeter, gebruik om sy bedrywighede voort te sit.

Dit sal veroorsaak dat Consol nie die herstelwerk aan die smeltoonde kan finansier wanneer hulle die einde van hul leeftyd bereik nie, selfs al herstel die vraag na glas.

Consol het in Augustus verlede jaar die konstruksie van ’n nuwe glasfabriek van R1,5 miljard onbepaald uitgestel weens die daling in vraag.

Die Suid-Afrikaanse Bierbrouerye (SAB), deel van Anheuser-Busch InBev en ’n kliënt van Consol, het verlede Vrydag R2,5 miljard se belegging wat vir 2021 bestem was, gekanselleer.

Verlede jaar is ’n belegging van ook soveel gekanselleer.

“Dit, en waarskynlik soortgelyke stappe deur ander kliënte, sal waarskynlik op mediumtermyn ’n uitkring-effek op verkoopsvolumes, kapitaalbesteding en die algemene finansiële stabiliteit van die onderneming en sy voorsieningsketting hê,” sê hy. – Reuters

Meer oor:  Consol  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Koronavirus  |  Wyn  |  Glas  |  Wynbedryf  |  Restaurante  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.