Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Coronation besit nou kwart van Spur

Coronation besit nou namens sy kliënte meer as ’n kwart van die restaurantgroep Spur.

Spur Corporation besit ook The Hussar Grill en RocoMamas.

Die batebestuursmaatskappy het Vrydag bekend gemaak dat hy sy belang in die Spur-restaurantgroep wesenlik vergroot het, maar hy wou by navraag nie kommentaar lewer oor waarom nie.

In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê Coronation dat sy belang in Spur van 17,09% tot 27,42% vergroot het van alle gewone Spur-aandele wat uitgereik is.

Vrydag se transaksie is sowat R240 miljoen werd.

Coronation se totale belang in Spur is nou sowat R630 miljoen ná die jongste transaksie, gegrond op Spur se markwaarde, wat sowat R2,3 miljard beloop.

Dit kom slegs drie dae nadat Long4Life sy belang in die Spur-restaurantgroep van 15% tot 3,6% verminder het. Die verkope van dié 10,4 miljoen aandele het tot sowat ’n 8%-daling in Spur se aandeelprys gelei wat ná die transaksie op Dinsdag van R26,75 tot R24,51 Donderdag geval het.

Coronation se aankope is veral interessant in die lig van Spur se teleurstellende halfjaarresultate wat Woensdag aangekondig is.

Die groep se totale verkope het in die halfjaar tot einde Desember met 4,5% gegroei, maar bestaande restaurante – dié wat ook in die halfjaar tot einde 2018 sake gedoen het – het groei van net 1,2% behaal.

Meer oor:  Spur  |  Coronation  |  Kitskos  |  Batebestuursfirmas  |  Burgers  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.