Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Coronation se wins styg al vloei R39,9 mjd. uit
NANJING, CHINA - MAY 30: (CHINA OUT) An investor
Gewone beleggers het in die ses maande bykans R7 miljard meer onttrek as wat belê is in die effektetrustsfondse wat Coronation bestuur. Foto: Getty Images

Die inkomste en wins van die batebestuurder Coronation het die afgelope boekjaar tot einde September stewig gestyg danksy sy beleggingsprestasie wat ten spyte van die swak toestande in die markte verbeter het.

Anton Pillay, uitvoerende hoof, het die verhoging in inkomste van 11% tot R3,6 miljard toegeskryf aan die verbetering in prestasie wat deur ’n groot deel van sy beleggingsfondse bereik is.

Hy sê die groei wat meegebring is deur die fondse wat beter as hul maatstawwe presteer het, het die groot netto uitvloei van geld teengewerk.

Beleggers het in die boekjaar R39,9 miljard meer by Coronation onttrek as wat belê is (netto uitvloei).

Desondanks het sy bates onder bestuur net effens gedaal – tot R569 miljard teenoor R571 miljard teen einde September 2019. “Ná ’n swak prestasie in 2018 het die vertoning in 2019 verbeter en vanjaar voortgeduur.”

Aftreefondse krimp

’n Wesenlike deel van die onttrekkings was deur plaaslike aftreefondse as gevolg van die toestande wat die Covid-19-krisis meegebring het, volgens hom.

’n Netto uitvloei van R23,8 miljard is van plaaslike aftreefondse beleef.

Die bates wat Coronation namens Suid-Afrikaanse aftreefondse bestuur, het van R265 miljard einde September verlede jaar tot R251 miljard teen einde van die boekjaar gedaal.

Die netto uitvloei het 9% beloop van die bates onder bestuur waarmee die jaar begin is. Hy sê hulle skat dit stem ooreen met wat die res van die bedryf beleef het.

Coronation het al voorheen verwys na hoe die poel van aftreegeld in Suid-Afrika krimp omdat so min mense werk en meer mense hul werk verloor en uittree.

“Dit is as gevolg van die stand van die ekonomie, hoë werkloosheid, mense wat afgelê word en maatskappye wat sluit.”

Die koms van Covid-19 het dit vererger weens die effek van die pandemie op die ekonomie, wat meer afleggings en werkloosheid meegebring het.

Die premievakansies van ses maande wat vir aftreefondslede toegelaat is, het dit ook vererger.

Hy sê die uitvloei gaan na verwagting nog ’n jaar duur omdat die uitwerking van die einde van die tydelike hulpverleningskema aan werkgewers en -nemers (Covid-19-Ters) en die premievakansies wat versekeraars en banke aan kliënte gegee het, nog moet kom.

coronation

Gewone beleggers

’n Netto uitvloei van R13,4 miljard is ondervind uit beleggingsfondse wat vir gewone beleggers bestuur word.

Die bates onder bestuur in dié fondse het van R240 miljard tot R239 miljard gedaal.

Die uitvloei in die fondse is ook teengewerk deur die groei wat bewerkstellig is met die beter prestasie as maatstawwe wat met baie van sy effektetrustsfondse bereik is.

Pillay sê die uitvloei wat die bedryf die afgelope jare van multibatefondse na geldmark- en vasterentefondse sien, is voortgesit. Volgens hom het Coronation egter nie dieselfde mate van invloeie na geldmark- en vasterentefondse beleef nie.

Hy meen die swak toestande wat Covid-19 geskep het, het beleggers verder tot risikovermyding gelei.

“Die ekonomiese toestande, lae vlakke van vertroue en toename in werkloosheid verminder ook mense se vermoë om te spaar.”

Wins styg sterk

Pillay sê die beter prestasie as maatstawwe het gelei tot ’n verhoging in prestasiegelde wat verdien is en dit het tot die verhoging in die inkomste gelei.

Die kostebestuur in die onderneming het bygedra tot Coronation se nabelaste wins wat met 17% tot R1,4 miljard gestyg het.

’n Finale dividend van 205c per aandeel is verklaar, wat 16% hoër as verlede jaar s’n is.

Coronation se aandeelprys het amper 5% gestyg nadat die resultate uitgereik is.

Meer oor:  Coronation  |  Geldsake  |  Resultate  |  Maatskappye  |  Batebestuursfirma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.