Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Coty betaal $600 m. vir Kylie Cosmetics

Coty gaan $600 miljoen belê om ’n beherende belang in Kylie Jenner se Kylie Cosmetics te bekom.

Kylie Jenner. Foto: Bloomberg

Dié kosmetiekreus sal vir die portefeulje in sy geheel verantwoordelik wees, terwyl Jenner kreatiewe pogings en kommunikasie sal bestuur, het die twee maatskappye Maandag in ’n verklaring gesê.

Dié transaksie bring die markwaarde van Kylie Cosmetics op $1,2 miljard te staan.

Coty se aandeelprys het ná die aankondiging met sowat 2,6% tot $12,22 op die aandelebeurs in New York gestyg.

Die transaksie is ’n bevestiging van Jenner se status as een van die jongste miljardêrs ter wêreld. Dit is luidens Bloomberg se indeks van miljardêrs.

Sy het bekendheid verwerf as deel van die televisiereeks Keeping Up with the Kardashians wat oor dié familie handel.

Jenner het Kylie Cosmetics as 15-jarige begin en die maatskappy het oorspronklik bypassende lipstiffie en -potlode verkoop.

Deesdae verkoop die maatskappy ’n wye verskeidenheid skoonheidsprodukte.

Hoewel die produkte oorspronklik net aanlyn te koop aangebied is, kan dit sedert 2018 in Ulta se winkels in Amerika gekoop word. Ulta het meer as 1 100 winkels in dié land. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Kylie Cosmetics  |  Coty  |  Kylie Jenner  |  Verkrygings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.