Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Covid-19-dispuut tussen genoteerdes kring uit

Barloworld en Tongaat Hulett twis oor wie moet besluit of die Covid-19-pandemie ’n “wesenlik ongunstige verandering” is.

Tongaat se Klipfontein-styselaanleg in Gauteng. Benewens sy suikerbedrywighede, vervaardig Tongaat styselprodukte uit mielies vir gebruik deur ander bedrywe soos bakkerye, drankmaatskappye en suiwelmaatskappye. Foto: Tongaat Hulett Starch

Barloworld, wat in Februarie aangedui het hy wil Tongaat se styselafdeling vir R5,35 miljard koop, het in Mei verklaar daar is ’n wesenlik ongunstige verandering weens die Covid-19-pandemie wat die transaksie nie meer vir hom so aantreklik maak nie.

Maar die suikergroep Tongaat verskil en ’n dispuut is verklaar. Toe moes die twee besluit op ’n onafhanklike rekenmeester wat moes beslis of daar wel ’n wesenlik ongunstige verandering was.

Barloworld en Tongaat kan nie saamstem oor een van die twee partye wat in die verkoopooreenkoms aangedui word as geskik om dié besluit te neem nie, het Barloworld Donderdag in ’n Sens-verklaring gesê.

Op 12 Mei is aangekondig die proses om te bepaal of ’n wesenlik ongunstige verandering plaasgevind het, sal ses tot agt weke duur. Barloworld waarsku sy aandeelhouers nou dat die proses langer gaan duur; hy kan nie met sekerheid sê hoe lank nie.

Die finale sperdatum vir al die voorwaardes vir die transaksie is 31 Oktober, en as die proses nie teen daardie tyd afgehandel is nie, sal die transaksie deur die mat val, waarsku Barloworld.

Vir Tongaat is die transaksie belangrik, want weens sy boekhouskandaal, wat verlede jaar aan die lig gekom het, het hy aansienlike skuld van meer as R8 miljard wat hy moet verminder.

Barloworld het vroeër aangevoer dat die Covid-19-pandemie beteken dat Tongaat se styselbedrywighede skerp minder verdienste as in die vorige boekjaar sal behaal.

Tongaat het op sy beurt aangevoer dat dit gans te vroeg vir Barloworld is om tot so ’n gevolgtrekking te kom.

Barloworld se aandeelprys was Donderdag 2,4% sterker op R74,04. Tongaat s’n was 1% sterker op R5,97. Sy aandeelverhandeling is van Junie verlede jaar vir ’n tydperk opgeskort tot Februarie vanjaar terwyl sy boekhoufoute ondersoek is, en is nog baie ver van sy hoogtepunte van meer as R130 per aandeel wat laas aan die begin van 2017 behaal is.

Meer oor:  Barloworld  |  Tongaat Hulett  |  Inperking  |  Kosvervaardigers  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.