Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Covid-19 sny Netcare se wins met R2,3 mjd.

Die minder opnames in hospitale die afgelope paar maande weens minder operasies wat gedoen is om beddens vir Covid-19-pasiënte oop te hou, gaan Netcare R2,3 miljard aan wins kos.

hospitaal
Netcare se Christiaan Barnard-hospitaal in Kaapstad. Foto: Nellie Brand-Jonker

Die groep het in ’n handelsoorsig gesê hy het sowat R3,8 miljard se inkomste in die boekjaar tot einde September verloor.

Netcare reik Maandag sy resultate vir die boekjaar tot einde September uit.

Die daling in sy bedryfswins voor finansieringskoste en waardevermindering gaan sowat 40% wees en die inkomste gaan tussen 11% en 14% daal.

Die tydperk van Maart af is as die “mees buitengewone tydperk” in die groep se geskiedenis van 23 jaar beskryf.

Die getal operasies het van begin April tot Augustus met 50% gedaal.

So het die pandemie die opnames beïnvloed:

• In April het die streng vlak 5-inperking ’n negatiewe impak gehad op nie-dringende operasies. Die hospitale was net 32% vol. Met die inperking was daar ’n merkbare daling in respiratoriese gevalle, terwyl noodgevalle en opnames weens ongelukke skerp gedaal het.

• Opnames is beïnvloed deur die voortgesette inperking en interne stappe wat gedoen is om die vraag na beddens, veral vir kritieke sorg, rondom Covid-19 te bestuur. Noodsaaklike operasies en dié wat tydsensitief was, is begin Mei weer versigtig hervat en het tot ’n matige verhoging in opnames gelei.

• In Junie, toe die land na vlak 3 van die inperking skuif, het die hospitalisasie van Covid-19-pasiënte en vir ongelukke en operasies toegeneem.

• In Julie met die hoogtepunt van die pandemie is operasies opgeskort afhangende van die geval en waar kritiekesorgbeddens beperk was. Die hospitale was toe 49% vol.

• In Augustus is die inperking verder verslap, maar daar was baie openbare vakansiedae en ’n skoolvakansie, en Covid-19-opnames het gedaal. Die vlak van bedbesetting het effens gedaal van Julie af.

Voor die pandemie het operasies sowat 60% van die totale opnames verteenwoordig.

In die eerste vyf maande van die boekjaar was Netcare se hospitale gemiddeld 62% vol. Die opnames het so afgeneem dat sy hospitale vir die volle boekjaar net 52,5% vol was.

Die groep sê ’n “stelselmatige verbetering” word gesien in opnames.

Sedert die eerste geval van Covid-19 op 9 Maart by Netcare aangemeld is, is 27 968 pasiënte behandel van wie 13 395 opgeneem is in die hospitaal. Van hulle is ’n kwart in hoësorg- of waakeenhede behandel.

Meer oor:  Netcare  |  Private Hospitale  |  Covid-19  |  Hospitaalgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.