Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Covid-19 stuit Gautrein se uitbreiding in sy spore

Die Gautrein-bestuursagentskap (GBA) het sy tenders vir bykomstige treine gekanselleer en planne vir sy uitbreiding na Roodepoort en Soweto op die lange baan geskuif.

Die Gautrein is geknou deur reisbeperkings en mense wat van die huis af werk. Foto: William Horne

Dit alles omdat die pandemie en die gepaardgaande inperking die vraag na openbare vervoer laat daal het, veral wat toeriste vanaf die O.R. Tambo- Internasionale Lughawe en kantoorwerkers in Sandton en omstreke betref.

Die maatskappy sê Vrydag in ’n verklaring die effek van Covid-19 op sy bedrywighede was ingrypend en die aantal passasiers het skerp gedaal.

Hy het beplan om vyf bykomende treine van Brittanje te bekom vir die groot hoeveelhede passasiers wat voorheen op spitstye sy dienste gebruik het.

’n Tweede tender, om die tweedehandse treine plaaslik op te knap, word ook gekanselleer.

Albei die tenders is reeds in 2019 uitgereik.

Engineering News berig dat William Dachs, uitvoerende hoof van die GBA, sê die maatskappy sal ná 2026 weer na die uitbreiding van sy dienste kyk.

Hy verwag dat dit so lank sal neem vir die passasiersvlakke om tot die vlakke voor Covid-19 te herstel.

“Ons het tans ongeveer 20% (van die passasiers) in vergelyking met die vlakke voor Covid-19,” sê Dachs.

“Ons was 30% voor Kersfees, maar toe kom die tweede vlaag en jaag als weer af. In daardie konteks is dit eenvoudig nie sinvol om dié redelik ingewikkelde verkrygingsproses te doen nie.

“Ons sien nou ’n langer pad vorentoe vir die bereiking van kapasiteit op die Gautrein-stelsel, en daarom het ons besluit om die program uit te stel.

Uitbreidings

In ’n eerste fase sou die Gautreindiens van Marlboro na Little Falls in Roodepoort uitgebrei word. In ’n tweede fase sou dit na Soweto uitbrei, met ’n finale roete na Boksburg, Lanseria, Irene en Mamelodi.

Dit sou in totaal meer as 100 km tot die Gautrein se spoorlyne gevoeg het.

Teen die middel van 2020 was daar nog hoop dat die konstruksie aan die uitbreiding voor einde 2024 sou kon begin, maar dit is ook nou uitgestel.

Dachs sê egter dat die uitbreiding nie uit en uit gekanselleer is nie. Dit sal nou net deel vorm van die maatskappy se langtermynplan oor 30 jaar.

Meer oor:  Treine  |  Treindienste  |  Gautrein  |  Infrastruktuur  |  Spoorweë  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.