Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Covid: Versekeraars betaal R230 mjd. uit

Lewensversekeraars is bekommerd oor die langtermynuitwerking wat Covid-19 op mense se gesondheid kan hê.

Lewensversekeraars is bekommerd oor die langtermynuitwerking wat Covid-19 op mense se gesondheid kan hê. Foto: Unsplash

’n Studie deur Flux Trends dui daarop dat die virus kan lei tot meer kroniese siektes, wat ’n invloed sal hê op Suid-Afrikaners en ook versekeraars, sê David Jewell, uitvoerende bestuurder van die Liberty-groep se produkverkope.

Petrie Marx, produk-aktuaris by Sanlam Individual Life, sê hulle glo Covid-19 gaan vir eers deel word van almal se lewe, maar ’n teenmiddel kan dit op lang termyn verander.

“Die virus kan nie in dieselfde groep as iets soos vigs of kanker gesien word nie; ons glo dit is ’n tydelike periode wat weer sal oorwaai.”

Jewell sowel as Marx sê hulle het meer uitbetalings van lewensversekering gedoen sedert die uitbreking van Covid-19.

“Tot einde Junie het Liberty R5,2 miljoen aan lewensversekering uitbetaal vir kliënte wat dood is weens Covid-19,” sê Jewell.

Hennie de Villiers, ondervoorsitter van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa) se lewensrisiko-komitee, sê sowat 458 000 polishouers het van Maart tot Junie saam uitbetalings van R1 miljard gekry weens ’n verlies aan inkomste as gevolg van Covid-19.

“ ’n Totaal van sowat R230 miljard is uitbetaal aan lewenspolisse in die eerste helfte van die jaar,” sê hy.

Dr. Maritha van der Walt, wat lid is van Asisa en dien op die staande mediese onderskrywerskomitee, sê daar is nog geen aanduidings dat enige versekeraars planne het om polisse te wysig weens die invloed van Covid-19 nie.

“Uitbetalings tydens die inperking was natuurlik ook minder, omdat daar minder padongelukke was en minder ongevalle, omdat die verkoop van alkohol verbode was. Maar dit het nou weer toegeneem,” sê Van der Walt.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.