Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
CPS verloor hofsaak teen Sassa

Die omstrede Cash Paymaster Services (CPS), wat deel van die tegnologiegroep Net1 is, het ’n hofsaak teen die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) verloor nadat hy aanvanklik R1,3 miljard van Sassa geëis het.

Paseka Letsatsi, Sassa-woordvoerder, sê regter R.M. Nugent, wat as arbiter in die saak aangewys is, se uitspraak was in Sassa se guns en Nugent het bevind dat CPS die regskoste moet dek.

Net1 het vir jare lank ’n kontrak met Sassa gehad om staatstoelae aan begunstigdes uit te betaal, maar sy winskraantjie is toegedraai nadat sy kontrak met Sassa tot ’n einde gekom het.

Die maatskappy het ’n groot verlies in die kwartaal tot einde Desember gely nadat sy kontrak aan die einde van die vorige kwartaal verstryk het.

Letsatsi sê CPS het drie klagte teen Sassa ingestel, maar nie een daarvan het geslaag nie.

“CPS het reeds in Maart 2009 ’n hoofeis ingestel en gesê dat hy daarop geregtig is om alle begunstigdes op sy rekenaarstelsel te laai, afgesien daarvan of hy die begunstigdes self moet betaal. Hy het ook gesê dat Sassa nie betalings vanaf sy bank na die begunstigdes mag doen nie. Hy het verder daarop aangedring dat Sassa nie begunstigdes deur die Poskantoor kan betaal of begunstigdes op Sassa se databasis mag laai nie.”

Soos vroeër berig, is CPS se vorige kontrak in die grondwetlike hof ongeldig verklaar weens probleme met die tenderproses toe dit hernu is, maar omdat die departement van maatskaplike ontwikkeling gesloer het om ’n nuwe tender uit te skryf, het die hof toegelaat dat dit van April tot September verlede jaar verleng is.

CPS doen al vir minstens sewe jaar uitbetalings vir Sassa, maar die uitbetalings is verlede jaar in Oktober deur die Poskantoor oorgeneem.

CPS het verlede jaar einde Augustus ’n dringende hofaansoek gebring dat Sassa die verhoogde tarief wat reeds deur die tesourie goedgekeur is, terugwerkend van krag maak.

Die hof het egter geweier om die aansoek aan te hoor en terugverwys na sy oorspronklike bevel, naamlik dat CPS die tesourie mag nader vir ’n verhoging.

Meer oor:  Sassa  |  Cps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.