Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Curro begin met beroepsgerigte matriek

Die genoteerde privaatskoolgroep Curro het ’n nuwe private kollege in Rivonia, Johannesburg, bekend gestel wat ’n meer praktiese beroepspesifieke matriek gaan aanbied as alternatief tot die Nasionale Senior Sertifikaat.

Die National Certificate Vocational (NCV) is ’n alternatiewe opsie vir hoërskoolleerlinge wat op skool al in ’n sekere beroepsveld wil spesialiseer.

Curro, private skole
Die privateskoolgroep Curro het 'n beroepsgerigte matriek begin by sy Rivonia-kampus in Johannesburg.

Stoffel Goosen, hoof van organisasie-ontwikkeling by Curro, verduidelik die NCV bestaan al sedert 2008 en is deur openbare en private kolleges beskikbaar wat by die departement van hoër onderwys geregistreer is. Dit is tot dusver hoofsaaklik aangebied by kolleges wat op gematrikuleerde studente gemik is.

Leerlinge wat gr. 9 voltooi het, kan by Curro se nuwe kollege op vlak 2 met NCV begin. Vlakke 2, 3 en 4 van die NCV loop parallel met grade 10, 11 en 12. ’n NCV vlak 4-kwalifikasie is dus op dieselfde vlak as ’n matrieksertifikaat. Die klasse begin op 4 Februarie.

Curro gaan begin met twee NCV-programme - inligtingstegnologie en rekenaarwetenskap; en finansies, ekonomie en rekeningkunde.

Volgens Goosen wil Curro die NCV-programme by sy bestaande skoolgeriewe of daar naby aanbied.

“Ons het die registrasie van ons eerste private kollege met NCV laat verlede jaar vir ons Rivonia-kampus gekry. Ons hoop ons kan die NCV-aanbod uitbrei na ander studievelde.”

Daar is in 18 opsies onder NCV, wat toerisme, megatronika, tekenkantoorpraktyk en die gasvryheidsbedryf insluit.

Goosen meen daar is ’n wanpersepsie dat die NCV ’n “maklike” opsie is vergeleke met die Nasionale Senior Sertifikaat. Maar dis bloot dat die fokus op praktiese beroepsopleiding is bykomend tot kern akademiese vakke soos tale, wiskunde of wiskundige geletterdheid en lewensoriëntering.

“Die kwalifikasie verseker dat leerlinge vaardig is en in diens geneem kan word, maar hulle kan ook by ’n kollege vir voortgesette onderwys en opleiding of ’n hoëronderwys-instelling soos ’n universiteit of universiteit van tegnologie verder in hul belangstellingsveld studeer.”

Goosen verduidelik die praktiese aard van die NCV-kursusse vereis ’n langer skooldag, so klasse begin 08:00 en duur tot 17:00. Die voordeel is dat daar geen huiswerk is nie - alles word binne die skooldag gedoen. ’n Middagete-pouse van een uur, met ’n voorbereide maaltyd, is deel van die pakket.

Curro se aandeelprys op die JSE was Woensdagmiddag 0,65% laer op R25,83.

Meer oor:  Curro  |  Matriek  |  Onderwys  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.