Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Curro koop spogskool in Johannesburg

Die genoteerde privateskoolgroep Curro gaan nog ’n prestigeryke onafhanklike private skool deel van sy portefeulje maak.

’n Uitsig op die geboue van HeronBridge College in Fourways, Johannesburg, wat deur die privateskoolgroep Curro oorgeneem gaan word.

Curro gaan HeronBridge College in Fourways, Johannesburg, oorneem.

Die skool het in 2001 geopen en het meer as 1 260 leerlinge.

HeronBridge College sal deel vorm van Curro se groep Select-skole. Dit beteken die identiteit van die skool bly onveranderd, hoewel leerlinge en ouers mettertyd veranderinge in infrastruktuur sal waarneem om die skool te laat inpas by Curro se toekomstige groeistrategie, het Curro Woensdag in ’n vrywillige Sens-verslag te kenne gegee.

Omdat dit ’n klein transaksie is, is Curro nie verplig om ingevolge die JSE se noteringsreëls die nuus bekend te maak nie. Hy het ook nie gesê hoeveel hy betaal vir die skool nie.

Curro sê die verkryging pas wel in by sy doel om sy geografiese voetspoor uit te brei en sy onderwys-aanbod aan te vul deur onafhanklike onderwys vir alle Suid-Afrikaners toeganklik te maak.

HeronBridge College het ’n sogenaamde voor-voorbereidingskool vir kleuters tot en met graad R, ’n voorbereidingskool van graad 1 tot 7, en dan die kollege vir leerlinge van graad 8 tot 12. Die skoolgeld vir vanjaar bedra vanaf sowat R6 000 vir die voorskoolse fase tot soveel as byna R12 000 vir grade 10 tot 12.

Curro het verlede jaar sowat R300 miljoen se inkomste verloor weens die impak van die Covid-19-pandemie wat leerlinge se ouers genoop het om hul kinders te onttrek omdat hulle nie meer die skoolgeld kon bekostig nie.

Sy aandeelprys op die JSE was Woensdag 1,6% laer op R12.

Meer oor:  Curro  |  Aandeelpryse  |  Skole  |  Verkrygings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.