Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Curro koop St. George’s in PE

Die genoteerde skolegroep Curro het die St. George’s Preparatory School in Port Elizabeth aangeskaf.

Curro
Curro het sy tweede skool in die Oos-Kaap bekom. Foto: Argief

Dit is van 1 Januarie af in Curro se portefeulje en is sy tweede skool in die Oos-Kaap.

“Hierdie verkryging is in ooreenstemming met ons voorneme om Curro se geografiese voetspoor uit te brei,” sê Andries Greyling, die uitvoerende hoof.

Die St. George’s Preparatory School, wat in 1936 gestig is en leerlinge van gr. 0 tot gr. 7 onderrig, sal deel van Curro’s Select-skole se model vorm.

Dit beteken dat die “hart en identiteit” van die skool onaangeraak sal bly, hoewel leerlinge en ouers mettertyd veranderinge in die personeel en infrastruktuur sal sien om by Curro se toekomstige groeistrategie aan te pas.

“St. George’s se missie is om leerlinge op die lewe voor te berei deur hulle toe te rus om maatskaplik verantwoordelike en meelewende mense in ’n voortdurend veranderende wêreld te wees,” sê Alex Hall, die skoolhoof.

“Dit sluit goed aan by Curro se doel om ’n opvoedingsruimte te bied waar leerlinge kan floreer om leiers te word. Ons is opgewonde om St. George’s se leerlinge onder die Curro-vaandel te sien groei.”

Meer oor:  Curro  |  Skole  |  Verkrygings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.