Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Curro raap nóg skole op
Die Curro-skoolgroep het nóg twee skole gekoop.Foto: Verskaf

Die privateskolegroep Curro het nóg twee skole gekoop.

Die groep sê Dinsdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy The King’s School in Linbro Park, Johannesburg, asook twee kleuterskole genaamd Land of Oz in Fourways, Johannesburg, gekoop het.

Curro sê hoewel dit nie groot transaksies is nie, was dit ’n strategiese besluit om sy bedrywighede op dié manier uit te brei.

The King’s School is in 1986 deur die Love Reaching Communities-kerk gestig. Hy het 390 leerlinge van graad 000 tot graad 12.

Dié private skool se skoolgelde vir 2020 wissel van R25 520 tot R71 390 per jaar afhangende van die graad van die leerling.

Curro beplan om dié skool uit te brei sodat hy ten minste nóg 900 leerlinge kan akkommodeer.

Land of Oz se twee kleuterskole in Fourways en Cartwell wes van Johannesburg akkommodeer tans sowat 240 leerlinge.

Curro wil die skool in Cartwell uitbrei om ook ’n laer- en hoërskool te hê. Die mikpunt is om eindelik tot soveel as 1 300 leerlinge dáár te akkommodeer.

Meer oor:  Curro  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.