Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Curro se wins val weens Covid-uitdagings

Curro het in die tweede helfte van 2020 meer as 4% van sy leerlinge verloor en agterstallige skoolgeld het skerp gestyg.

Curro
Curro

Dié faktore, wat aan die Covid-19-pandemie toegeskryf word, het vir die eerste keer in jare ’n daling in die privateskolegroep se wins meegebring.

Curro besit benewens die gelyknamige skole onder meer Meridian- en Castle-skole.

Die maatskappy sê in ’n handelsverklaring sy herhalende wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 18% en 30% val, en sy wesensverdienste per aandeel met tussen 35,2% en 43,5%.

Sy verdienste per aandeel gaan negatief wees, op tussen -5c en -9c, teenoor verlede jaar se positiewe 48,1c.

Al die syfers is vir die boekjaar tot einde Desember, teenoor die syfers van 2019.

Curro se aandeelprys het teen 12:00 met byna 6% tot R10,36 gedaal nadat die mark oor sy winsdaling ingelig is. Die aandeel het die afgelope jaar reeds met 34% geval.

Die daling in kernwesensverdienste sluit ’n ommekeer in belasting van R53 miljoen in 2019 in, asook R8 miljoen in 2020 vir ’n verkryging.

Die maatskappy het ook verlede jaar R202 miljoen se afskrywings gedoen omdat van sy skole se opbrengs laer was.

In sy verklaring oor die verwagte resultate sê Curro hy moes baie groter voorsiening vir swak skuld maak. Die voorsiening vir 2020 was R63 miljoen méér as in 2019.

Vooruitsigte vir 2021

Die jaar het nie goed begin vir Curro nie. Skole het op 15 Januarie heropen vir klasonderrig, maar is kort daarna weer weens strenger Covid-19-regulasies gesluit. Die skool is wel toegelaat om op 1 Februarie sy deure te heropen.

Hoewel onderrig baie gou weer aanlyn beweeg het, het die skielike sluiting die registrasie van leerlinge vir die nuwe akademiese jaar ontwrig. Curro beskryf registrasies in dié stadium net as “bevredigend onder die huidige omstandighede”.

Die groep se resultate word op 17 Maart verwag.

Meer oor:  Curro  |  Inperking  |  Covid-19  |  Skole  |  Onderrig  |  Private Skole  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.