Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Cyril se swye oor SAL, SAUK en Denel is ‘bisar’
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JUNE 26:  Cyril Ramaphos
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Getty Images

Die sukkelende staatsondernemings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), die SAUK, Denel en SA Express het Donderdagaand geskitter in hul afwesigheid in pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede.

En ekonome is bevrees die “verkeerde” mense gaan dit raaksien. Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing by Intellidex, sê die afwesigheid van enige opmerkings oor hoe die SAL en die SAUK se geldsake herstel gaan word, sal krediteure en verskaffers bekommerd laat.

“Ons vind dit bisar en dit sal krediteure bekommerd maak dat daar op hoë politieke vlak geen steun aangebied word nie. Sowel die SAL en die SAUK is op die rand van ineenstorting wat krediteure en verskaffers betref, en sulke steun sou belangrik gewees het,” sê Montalto.

Hy vermoed die afwesigheid van enige verwysings na die SAL en die SAUK dui op die voorwaardes wat die nasionale tesourie en veral Tito Mboweni, minister van finansies, sal wil stel vir enige staatshulp aan dié staatsondernemings.

Staatsondernemings sal dus steeds ’n groot las op die ekonomie wees weens hul oorheersing in sekere markte en dit lyk nie of die beleid hieroor gaan verander nie, waarsku Montalto.

Monica Mynhardt, navorser van die vakbond Solidariteit se navorsingsinstituut, het daarop gewys die enigste verwysing na ander staatsondernemings was as deel van sy sewe prioriteite - dat staatsentiteite versterk moet word om hul mandaat uit te voer en ’n etiese staat te bou waarin daar nie plek is vir korrupsie en plundering van staatsgeld nie.

“Die president het geen daadwerklike planne daargestel om sukkelende entiteite soos die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Denel reg te ruk nie’ inteendeel, hy het nie eens een keer na hierdie staatsentiteite verwys nie.”

Meer oor:  Sal  |  Sauk  |  Denel  |  Sabc  |  Staatsrede 2019  |  Staatsinstellings  |  Staatsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.