Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
DA: Vra jou bank om nie SAL te steun

Die DA vra dat Suid-Afrikaners ’n brief aan hul bank moet skryf waarin hulle vra dat die bank nie die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet help nie.

Die SAL het dringend R10,3 miljard nodig om weer op dreef te kom. Foto: Bloomberg

Geordin Hill-Lewis, DA-LP, sê in ’n verklaring een van die redes waarom die SAL nog bestaan, is omdat die land se banke geld aan hom leen.

“Al dié lenings word deur die staat gewaarborg, en dus deur die publiek. Dit is net ’n skelm manier om ’n reddingsboei te gee,” sê hy.

“Dis nie eties van die banke om die lenings te verleng nie. Hulle weet dat hulle ’n maklike wins kan maak omdat die lenings gewaarborg word. Dit moet end kry,” sê hy.

Die DA het ’n plek op sy webtuiste geskep waar Suid-Afrikaners ’n brief wat klaar geskryf is, kan aflaai en dit dan aan hul bank kan stuur.

“Ons gee ook die kontakbesonderhede van die kantore van al die uitvoerende hoofde van die banke.”

Hill-Lewis sê dis algemene kennis dat die banke nie bereid is om geld aan entrepreneurs en kleinsake te leen nie, maar dat hulle “gemaklik is om lenings aan die bankrot SAL te gee”.

“Dit is omdat selfs al kan die lugdiens nie die lenings terugbetaal nie, hulle ’n waarborg het dat die staat dit wel sal doen. Dit beteken die lenings is gewaarborg deur julle, die publiek.”

Hill-Lewis sê die DA verwag dat die staat weer ’n reddingsboei vir die SAL gaan gee wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, in die laaste week van Oktober sy mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement ter tafel lê.

Die SAL het dringend R10,3 miljard nodig om weer op dreef te kom.

Die lugdiens, wat sedert Desember 2019 in sakeredding is, is tans glad nie in bedryf nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare werke, het al telkemale gesê daar word gekyk waar die geld vir die lugdiens in die hande gekry kan word. Daar is egter steeds geen teken daarvan nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.