Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dagblad se ink droog dalk op

Die dagblad The Times gaan dalk eersdaags nie meer gedruk word nie.

Tiso Blackstar, voorheen bekend as die Times Media-groep, wat dié koerant en ander soos die Sunday Times besit, oorweeg dit om die gedrukte weergawe op te sê en heeltemal oor te skuif na ’n digitale model.

Werknemers van die koerant is Donderdag van die besluit in kennis gestel. Andy Gill, die groep se besturende direkteur, het die besluit ook aan Fin24 bevestig.

Personeel by die koerant wat op voorwaarde van anonimiteit gereageer het, sê afleggings lê voor.

“Die digitale migrasie sal hoofsaaklik subredakteurs en bladopmakers van die koerant se 1 054 werknemers raak,” het een personeellid gesê.

Gill gee toe die proses sal ernstige herstrukturering behels en moontlik sommige werknemers hul poste kos, maar sê die gedrukte uitgawe is nie winsgewend nie.

Die koerant, wat sedert 2007 elke Maandag tot Vrydag verskyn, sal steeds daagliks in aanlyn vorm beskikbaar wees.

“Ten spyte van verskeie veranderings wat die afgelope paar jaar aan die koerant se sakemodel gemaak is, het die gedrukte produk nie wins gemaak nie,” sê Gill.

Gill sê die Tiso Blackstar-groep het ’n konsultasieproses met personeel ingevolge Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge begin.

“Ons is nie in ’n posisie om verdere kommentaar hieroor te lewer voordat die konsultasieproses afgehandel is nie,” sê Gill.

Meer oor:  The Times  |  Tiso Blackstar  |  Dagblad Sluit  |  Digitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.