Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Daniel Mminele: Dít is my plan met Absa

Daniel Mminele, nuwe uitvoerende hoof van Absa, sal nie skroom om enige veranderinge by dié bank te maak indien nodig nie.

“Ek is gemaklik met die strategiese besluite wat Absa geneem het, en dit pas by die ambisies wat die direksie het vir groei,” sê Mminele.

“Dit gesê, ek het die volle mandaat om enige veranderinge te maak indien nodig.”

Daniel MmineleFoto: Elvira Wood

Hy het Woensdag vir die eerste keer sedert sy aanstelling op 15 Januarie die media toegespreek.

Hy het die bank se resultate vir die jaar tot einde Desember by die bank se kantore in Sandton, Johannesburg, bespreek.

Mminele sê hy het reeds voor sy aanstelling met die direksie van Absa vergader om die bank se strategie te bespreek.

Hy sê gegewe hoe vinnig nuwe verwikkelinge soos die uitbreek van die virussiekte Covid-19 die groter ekonomiese omgewing beïnvloed waarin die bank funksioneer, beteken dit dat hy en die bank gereed moet wees om indien nodig enige strategiese veranderinge te maak.

Op die vraag oor of Mminele herstrukturering sal oorweeg wat sal beteken dat nóg werknemers die deur gewys moet word, sê hy die bank sal só ’n stap net as ’n laaste uitweg oorweeg.

Luidens Absa se resultate het sowat 2 500 werknemers die bank se diens in 2019 verlaat.

“Ons sal enige herstrukturering eers baie goed oorweeg voordat ons enige besluit neem,” sê hy.

Mminele sê waaroor hy veral bly is, is dat Absa duidelik nou werk maak daarvan om weer kliënte te lok.

Absa het volgens Jason Quinn, finansiële hoof van Absa, nou 9,7 miljoen individuele kliënte waarvan 3,2 miljoen primêre kliënte is. ’n Primêre kliënt is ’n kliënt wat sy of haar salaris in hul rekening deponeer.

Absa het nié historiese syfers beskikbaar gestel nie.

Mminele sê dit is egter duidelik dat Absa nou by sy mededingers byhou.

Meer oor:  Absa  |  Daniel Mminele  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.