Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
David Jones nog nie te koop

Daar staan nog nie ’n Te Koop-bordjie op die plaveisel voor David Jones se hoofkantoor in Australië nie.

Voetgangers loop verby ’n David Jones-winkel in Sydney.

Roy Bagattini, uitvoerende hoof van die Woolworths-groep, wat David Jones besit, sê egter alle opsies vir die herstrukturering van dié afdelingswinkel sal mettertyd oorweeg word.

Eers moet David Jones se skuldlas egter verminder word.

Woolworths het sy vingers verbrand deur sewe jaar gelede R21,6 miljard vir David Jones, een van die oudste afdelingswinkel ter wêreld, te betaal. ’n Groot deel van die kopie is met skuld gedoen.

Die hele belegging is verlede jaar afgeskryf en die groep het die Covid-19-krisis met ’n enorme skuldlas ingegaan.

LEES OOK: Só het Woolworths se gek troue Doer Onder verloop

Bagattini het dié probleme geërf van Ian Moir, wat verlede jaar met ’n pakket van R60 miljoen gegroet is.

LEES OOK: Woolworths se oudbaas vertrek met goue handdruk

“Die reis met David Jones was baie pynlik vir ons en ons aandeelhouers,” sê Bagattini, wat die leisels in Februarie verlede jaar oorgeneem het.

“Maar ons het ’n plan opgestel en is goed op koers om die eerste fase daarvan te voltooi – skei. Dit behoort oor ’n maand of twee klaar te wees en dan sal ons kyk na wat die geleenthede is.”

Bagattini sê die vraag of hy David Jones wil verkoop, is een wat hy gereeld moet antwoord.

“Ek is nie daartoe verbind om David Jones te verkoop nie, maar ek sou as uitvoerende hoof nalatig wees as ek nie oop was vir alle opsies nie.”

LEES OOK: Woolworths: 7 feite oor die nuwe baas

In die ses maande tot 27 Desember het David Jones se verkope met 8,8% tot A$1,1 miljard gedaal. Dis veral omdat die staat Victoria, waarin Melbourne geleë is, ses weke lank tot einde Oktober in ’n streng inperking was.

Die winkel se koste is met 14,9% verlaag, wat meegehelp het om sy wins met 33,3% tot A$56 miljoen te laat styg.

Die bedryfswinsgrens is net 5,2%, die laagste van enige afdeling in die Woolworths-groep. Daarteenoor het Country Road, Woolworths se ander Australiese klerewinkels, ’n bedryfswinsgrens van 18,4%.

Meer oor:  David Jones  |  Woolworths  |  Kleinhandelaars  |  Klerebedryf  |  Kruideniersware  |  Klerekleinhandel  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.