Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Deloitte: 2 loop oor kontrak met Eskom

Twee van die ouditfirma Deloitte se direkteure het bedank nadat dié maatskappy R150 miljoen aan Eskom moes terugbetaal.

Deloitte het in Maart ná regstappe teen hom oor ’n betwiste konsultasiekontrak ingestem om met Eskom te skik.

LEES OOK: Eskom dagvaar Deloitte vir R207 miljoen

Die twee direkteure wat bedank het, is Thiru Pillay, besturende direkteur van Deloitte Afrika se raadgewende afdeling, en Shamal Sivasanker, Deloitte Africa se leier wat vir infrastruktuur en krag verantwoordelik is. Hy was die hoofkonsultant wat op die Eskom kontrak gewerk het.

Twee van Deloitte se direkteure het bedank nadat dié maatskappy met Eskom geskik het.Foto: Reuters

Albei die direkteure het die maatskappy aan die einde van Maart verlaat.

Die maatskappy het nié die bedankings bekend gemaak nie. Hy het dit wel in ’n kort boodskap bevestig nadat amaBhungane ’n navraag daaroor gestuur het.

Ná die beslissing in die Eskom-saak bevestig Deloitte dat die direkteure erken het dat die gebeure rakende die Eskom-saak onder hul toesig plaasgevind het. Hulle het as leiers verantwoordelikheid geneem en hulle op 31 Maart 2020 aan die firma onttrek.

“Om verantwoordelikheid te neem is in ooreenstemming met ons firma se waardes. Ondersoeke wat deur Eskom en Deloitte afgehandel is, het geen bewyse van staatskaping of korrupsie aan die lig gebring nie,” lui die antwoord.

amaBhungane verstaan ??dat Deloitte slegs bereid was om te skik as Eskom sou instem om die gesamentlike verklaring te maak.

Dit beteken nie dat die optrede van Deloitte by Eskom – soos die besluit om saam te werk met ’n firma wat met die Guptas verbind word – nie deur die Valke, die spesiale ondersoekeenheid of die Zondo-kommissie na staatskaping ondersoek kan word nie.

Toe amaBhungane in Desember ’n onderhoud met Pillay gevoer het, het hy daarop aangedring dat Deloitte nié met Eskom gaan skik nie.

Nie Pillay of Sivasanker het op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. Fin24, verwerk

Meer oor:  Deloitte  |  Eskom  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.