Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Deloitte word ook oor Tongaat ondersoek

Die jongste skandaal in die sakewêreld wat kort op die hakke van Steinhoff se ineenstorting volg, gaan strenger reëls vir ouditeure meebring.

Bernard Agulhas, uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (Irba). Foto: Elvira Wood

Lees wat Netwerk24 reeds berig het oor die jongste skandaal in die sakewêreld, naamlik dié oor Tongaat Hulett.

Terwyl van ouditeure verwag word om die publiek te verseker dat die finansiële state wat hulle afgeteken het, betroubaar is, word nie van hulle vereis dat hulle enige ongerymdhede onthul nie.

Dit kan dalk verander, volgens Bernard Agulhas, hoof van die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba). Hy meen dit is dalk tyd om die vermoë van ouditeure uit te brei om ook vir bedrog en korrupsie te toets.

“Dit is wat die verwagting van die publiek is.”

Irba het begin met ’n ondersoek oor die werk wat Deloitte vir Tongaat gedoen het.

Deloitte was ook Steinhoff se ouditeursfirma sedert 1998.

Steinhoff het honderde miljarde rande se bates afgeskryf nadat ongerymdhede onthul is wat oor sowat ’n dekade met sy boeke plaasgevind het.

Tongaat het twee weke gelede gewaarsku aandeelhouers kan nie meer op sy jaarstate staatmaak vir die boekjaar tot einde Maart nie. Die oordrywing van sy bates beloop sowat R4,5 miljard.

Sy jaarstate vir die jongste boekjaar gaan nou eers teen Oktober uitgereik word.

Deloitte het ook ’n interne hersiening begin oor die werk wat vir Tongaat gedoen is.

Business Insider het vandeesweek berig Deloitte het die senior ouditeure wat die state afgeteken het, insluitende Gavin Kruger, vervang en met ’n interne ondersoek begin.

Deloitte was meer as 15 jaar Tongaat se ouditeure.

Agulhas het gesê ouditeure is ’n belangrike beskermer van korporatiewe beheer en die laaste verdediger wat verseker daar kan staatgemaak word op die finansiële state, maar hulle reageer ’n “bietjie laat”.

Hy het gesê Irba oorweeg dit nou om dit wat van ouditeure vereis word, uit te brei.

Regulering gaan in die komende weke aan die minister van finansies voorgestel word oor die rol wat verskillende spelers in die ketting van finansiële verslagdoening moet speel. Dit sal insluit ouditkomiteelede en die finansiële hoofde.

Sulke regulering sal dieselfde wees as wat Amerika en Brittanje in reaksie op sakeskandale soos Enron ingestel het.

“Die rede hoekom die beroep tans soveel kritiek kry, is omdat ouditeure menings uitgespreek het oor finansiële state wat gesê het dat hulle ’n billike weergawe gee, maar in der waarheid kon daar nie staatgemaak word daarop nie,” het Asief Mohamed, beleggingshoof van Aeon Investment Management, gesê. “Die publiek moet dus meer verwag.”

Irba doen ook ’n ondersoek oor Deloitte Suid-Afrika wat tot in 2015 Steinhoff se jaarstate afgeteken het totdat die maatskappy sy hoofnotering oorsee gekry het.

Deloitte het in Desember 2017 geweier om die jaarstate vir die boekjaar tot einde September af te teken. Steinhoff se aandeelprys het ineengestort nadat die nuus bekend gemaak is en sy uitvoerende hoof, Markus Jooste, terselfdertyd bedank het. – Bloomberg en bygewerk

Meer oor:  Steinhoff  |  Deloitte  |  Tongaat  |  Irba  |  Bernard Agulhas  |  Korrupsie  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.