Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Delta vlieg weer na Jhb, steeds nie na Kaapstad

Delta hervat Maandag sy regstreekse vlugte tussen Johannesburg en Atlanta, maar mag steeds nie by Kaapstad aandoen nie.

Delta het in Maart 2020 sy vlugte na Suid-Afrika gestaak weens reisbeperkings as gevolg van die koronaviruspandemie.

Die DA-regering in die Wes-Kaap sowel as die Amerikaanse owerhede is egter ontevrede omdat Fikile Mbalula, die minister van vervoer, nie Delta se sogenaamde medeterminaalooreenkoms, om ook Kaapstad in te sluit, hernu het nie. Hiervolgens kan lugdienste ’n driehoekige roete vlieg op pad terug na hul oorsprong ten einde meer lughawens op een roete te bedien.

LEES OOK: Woede oor Delta nie na Kaap mag vlieg

“Ons is opgewonde om Delta weer terug in Suid-Afrika te verwelkom,” sê Sthembiso Dlamini, waarnemende uitvoerende hoof van SA Toerisme.

Die eerste Delta-vlug tussen die Amerikaanse stad Atlanta en Suid-Afrika het op 4 Desember 2006 plaasgevind. Foto: Verskaf

“Noord-Amerika is een van ons kernmarkte en ons is vol vertroue dat Delta se regstreekse vlugte toeristegetalle wat vir werk en ontspanning uit Amerika hierheen reis, ’n hupstoot sal gee.”

Besoekers wat na Amerika reis van Suid-Afrika af, word egter steeds aan streng regulasies onderwerp. Dit is egter nie so streng vir Amerikaanse burgers of mense met verblyfreg in Amerika nie, luidens Delta se verklaring oor die hervatting van vlugte.

Delta se vlugte word in ’n Airbus A350-90 onderneem en alle vlugte vertrek saans.

Vlugte van die O.R. Tambo-lughawe af sal kort voor 23:00 op Maandae, Donderdae en Saterdag vertrek. Uit Atlanta vertrek vlugte op Woensdae, Vrydae en Sondae om 19:00.

Volgens Delta is die lugdiens trots op sy 15 jaar lange verbintenis met Suid-Afrika en opgewonde om weer tussen Johannesburg en die VSA te vlieg.

Meer oor:  Delta  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings  |  Inperking  |  Vlugte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.