Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel: Balju mag begin beslag lê

Solidariteit het amptelik aan die balju instruksie gegee om op Denel se roerende bates te begin beslag lê, maar watter bates presies gaan Solidariteit probeer verkoop?

Twee Denel Rooivalk-aanvalshelikopters. Foto: Denel

Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, sê dis nog onduidelik presies watter bates geteiken gaan word.

“Dis ’n fyn balans – ons wil nie op bates beslag lê wat die maatskappy sy vermoë gaan ontneem om huidige projekte te voltooi nie,” het hy aan Netwerk24 gesê.

Solidariteit gaan dus mooi besin oor wat verkoop kan word sonder dat Denel se oorblywende bedrywighede in die wiele gery word. Uiteindelik bly die prioriteit die werknemers van Denel en hulle kan nie werk as Denel nie die vermoë het om projekte te voltooi nie, sê Cronjé.

Solidariteit het Donderdag ’n lasbrief van eksekusie bekom wat hom die reg gee om op Denel se roerende bates beslag te lê.

Denel se laste oorskry reeds sy bates en daar bly bitter min oor waarop Solidariteit beslag kan lê. Die hoop is om R12,7 miljoen deur die beslagleggingsproses in te vorder. Dit sal ten minste ’n gedeelte van die agterstallige salarisse vir Mei tot Julie 2020 aan Solidariteit en die vakbond Uasa se lede kan betaal.

Volgens Cronjé vergader Denel se direksie en Solidariteit voorlopig op Woensdag 10 Maart om te onderhandel oor op watter bates hulle beslag gaan lê. Solidariteit het wel die voorkeur oor wat verkoop kan word, maar is bereid om na Denel te luister.

Cronjé sê ook as Denel vorendag kom met ’n ander manier om die R12,7 miljoen aan werknemers oor te betaal, sal die vakbond bereid wees om so ’n reëling te tref en sodoende die beslagleggingsproses te staak.

Pam Malinda, woordvoerder van Denel, het bloot aan Netwerk24 gesê Denel is tans in onderhandelinge met georganiseerde arbeid gewikkel en dat “albei partye saamwerk om oplossings te vind”.

Meer oor:  Denel  |  Bates  |  Vakbonde  |  Beslaglegging  |  Staatsonderneming  |  Hofbevel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.