Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel gaan aansoek om likwidasie teenstaan

Denel gaan nie toelaat dat die Swede hom likwideer nie.

Die Denel Land Systems LCT-30 Badger wat veronderstel was om die weermag se Ratels te vervang. Foto: South African Defence Industry Database

Die staat se wapentuigvervaardiger probeer ’n “minlike” skikking met die Sweedse groep Saab Grintek bereik, het Denel Dinsdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê.

Maar indien dit nie moontlik is nie, sal Denel sy regspan gebruik om die aansoek te beveg.

Saab Grintek, Suid-Afrikaanse filiaal van die Sweedse maatskappy Saab, het in Mei ’n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om Denel weens wanbetaling van R126 miljoen te likwideer.

Denel, wat al vir jare tegnies insolvent is, weier dat hy gelikwideer word.

Maar Denel skuld steeds nog meer as dié bedrag aan sy werknemers, wat laas in Mei 2020 ten volle betaal is.

Die bedrag wat Denel aan sy werknemers skuld beloop nou al meer as R500 miljoen, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, in Mei gesê.

Derek Mans, Solidariteit se woordvoerder vir lugvaart en verdediging, wat baie werknemers by die maatskappy verteenwoordig, het Sondag aan Netwerk24 gesê daar is waarskynlik nog baie aansoeke vir likwidasie op pad.

Denel wag op broodnodige herkapitalisering vanaf die staat sodat hy kan aanhou projekte finansier.

Kgathatso Tlhakudi, direkteur-generaal van die departement van openbare ondernemings, het onlangs aan die parlement gesê Denel sal beslis ’n reddingsboei benodig, berig Fin24.

Hy sê die departement is bemoedig deur die wapentuigvervaardiger se nuwe omkeerplan en stappe vir herstrukturering, maar hulle is nou in gesprekke om die nodige finansiering vir Denel te bekom.

Meer oor:  Denel  |  Likwidasie  |  Staatsondernemings  |  Wapens  |  Reddingsboeie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.