Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel kry 2de waarnemende hoof

William Hlakoane, bedryfshoof van Denel, is as die jongste waarnemende uitvoerende hoof van die staat se wapentuigvervaardiger aangewys.

FILE PHOTO: Denel company logo is seen at the entr
Denel se hoofkantoor in Pretoria.

Hlakoane volg Talib Sadik, vorige waarnemende uitvoerende hoof, op.

Sadik se ampstermyn het op 21 Februarie ná ses maande aan die stuur tot ’n einde gekom.

Hlakoane sal die leisels nou vir ses maande probeer vashou.

Ná die uittrede van Danie du Toit in 2020 spartel Denel om ’n permanente uitvoerende hoof te vind.

Sadik het ook met die beëindiging van sy kontrak as waarnemende hoof as direkteur van die maatskappy bedank.

Dit volg op vier ander bedankings uit die direksie sedert die begin van die jaar soos wat die beleërde wapentuigvervaardiger sukkel om sy benarde finansies onder beheer te kry. Werknemers is amper ’n jaar laas ten volle betaal. Dit sluit direkteurs en bestuurslui in.

Die direkteure wat bedank het, is Kabelo Lehloenya (op 14 Januarie), genl. Siphiwe Nyanda (21 Januarie), dr. Sibusiso Sibisi (16 Februarie) en Sue Rabkin (18 Februarie).

Dit is moontlik dat die direkteure probeer om tronkstraf te vermy wat in die jongste hofsaak deur die vakbond Solidariteit weens die direksie se minagting van die hof van die howe geëis is. Dis omdat die hof Denel beveel het om uitstaande salarisse te betaal.

Uitspraak in dié saak word nog verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.