Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel kry waarnemende baas
Talib Sadik Foto: Argief

Talib Sadik is aangestel as Denel se waarnemende uitvoerende hoof.

Hy volg Danie du Toit op wat in Julie bedank het.

Die staat se wapentuigvervaardiger sê in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat Sadik tot nou ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur was.

Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en was tussen 2008 en 2012 Denel se uitvoerende hoof.

Denel sê hy is besig om ’n permamente uitvoerende hoof te soek.

Denel is onder geweldige finansiële druk en kan nie agterstallige salarisse aan sy werknemers betaal nie.

Meer oor:  Denel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.