Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel: Ons betaal nog áltyd salarisse
’n Moderner weergawe van Denel se Ratel-gevegsvoertuig.

Zwelakhe Ntshepe, uitvoerende hoof van Denel, sê negatiewe beriggewing oor Denel word ’n probleem omdat hy internasionaal sake doen.

Hy sê Denel het nog áltyd salarisse betaal.

Hy waarsku wel Denel se uitgawes is reusagtig, terwyl inkomste slegs vloei namate projekte afgehandel word. Tot 30% tot 40% van Denel se sake word in Januarie tot Maart afgehandel. Ntshepe sê Denel was nog nooit geweldig winsgewend nie.

Odwa Mhlwana, finanshoof van Denel, sê Denel se internasionale mededingers doen 60% tot 80% van hul sake in hul binnelandse mark. Die weermagte in hul eie lande koop dus die meeste van hul produkte. By Denel koop die weermag egter net 20% van sy produkte en is hy afhankliker van internasionale sake.

Denel het van 2001 tot 2012 altesaam R46 miljard se inkomste ingevorder, maar het R4 miljard se skuld in die bank gehad.
In die afgelope vyf jaar het Denel R24 miljard se inkomste ingevorder, maar die uitdaging is om genoeg kontantvloei te genereer. Denel groei wel.

Vyf jaar gelede was sy omset R3,6 miljard per jaar – dit is nou meer as R8 miljard se omset per jaar. Denel het meer as R19 miljard se werk op sy bestelboek, maar het steun nodig om sy balansstaat te versterk en om sy kontantvloei te verbeter.

Meer oor:  Denel  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.