Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel soek R3,8 mjd. van staat

Denel wil R3,8 miljard se finansiële hulp van die staat hê, volgens die nasionale tesourie.

Denel se kantoor in Pretoria. Foto: Reuters

Die nasionale tesourie het Vrydagoggend aan Reuters gesê die staatshulp word gevra vir ’n driejaartermyn vanaf die volgende boekjaar – dus die boekjaar wat in April 2020 begin.

Denel se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Dit kom nadat Landbank vandeesweek ook vir ’n ekstra R10 miljard van die regering oor die komende vyf jaar gevra het.

Die Landbank het reeds in die boekjaar tot einde Maart 2021 ’n kontantinspuiting van R3 miljard van die staat gekry.

Die bank is van April af in gesprekke met sy krediteure nadat hy nie van sy skuldbriewe kon terugbetaal nie.

Die Landbank het aan Reuters in reaksie op navrae gesê hy het voorgestel om R7 miljard in die boekjaar tot einde Maart 2022 te kry en R1 miljard per jaar vir die daaropvolgende drie boekjare vir ontwikkeling.

Die bank het vandeesweek in ’n aanbieding in die parlement gesê hy beplan ook ’n program om van sy sommige van sy bates ontslae te raak. – Reuters

Meer oor:  Denel  |  Landbank  |  Wapenvervaardiger  |  Tesourie  |  Staatsondernemings  |  Landbou  |  Finansiering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.