Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel waarsku oor salarisse in Oktober

Denel gaan sukkel om in Oktober salarisse te betaal, het die vakbond Solidariteit van die staatswapenvervaardiger gehoor.

Denel het gewaarsku hy gaan sukkel om salarisse in Oktober te betaal. Foto: Getty Images

Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, waarsku in ’n verklaring hy het Dinsdag amptelik van Denel verneem dat salarisbetalings van Oktober vanjaar weens ’n kontanttekort in die weegskaal is.

Denel kon in September reeds nie salarisse aan senior personeel betyds betaal nie.

Denel het opsies aan vakbonde voorgelê oor korttyd, salarisbesnoeiings en die toeken van vrywillige skeidingspakkette. Dié opsies kan volgens Denel help om kontantvloei op kort termyn te verbeter.

Volgens Botha het die Denel-bestuur die vakbonde gevra om die voorstelle te oorweeg en kommentaar daarop te lewer of teen voorstelle in te dien.

Die voorstelle en die moontlikheid van salarisse wat nie betaal kan word nie is albei kommerwekkend, sê Botha. Solidariteit wag volgens hom steeds op reaksie van Denel oor vordering met forensiese ondersoeke na wanbestuur by die wapenvervaardiger.

Solidariteit sê hy het ’n petisie begin waardeur Denel-werknemers hul besware teen Denel en sy direksie kan lug.

Pres. Cyril Ramaphosa het in April ’n nuwe direksie by Denel aangestel.

Meer oor:  Solidariteit  |  Denel  |  Johan Botha  |  Staatsinstellings  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.