Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel-werkers in Julie wéér laat betaal
Denel se kantoor in Pretoria. Foto: Reuters

Denel sal vir die tweede opeenvolgende maand nie sy werknemers se salarisse op betaaldag kan betaal nie.

In ’n brief aan werknemers wat Netwerk24 gesien het, bevestig Danie du Toit, uitvoerende hoof van die staatsbeheerde wapenvervaardiger, dat broodnodige oorbruggingsfinansiering nie betyds afgehandel kon word nie.

Betaaldag, wat op Donderdag 25 Julie val, sal die tweede moeilike maand wees, en Augustus en September gaan ook moeilik wees, bevestig Du Toit.

“Ons verwag dat die volgende drie maande vreeslik moeilik gaan wees,” sê hy.

Denel het in Junie, sonder waarskuwing, slegs 85% van salarisse betaal aan al sy werknemers.

Dit het toe vier dae geneem voordat ’n noodkrediteur geld beskikbaar gestel het om die agterstallige 15% aan werknemers oor te betaal. Werknemers is erg ontwrig deur die vertraging.

Denel is besig met ’n enorme omkeerplan en is sover die enigste staatsonderneming wat mense op groot skaal afdank, afdelings sluit en privatisering oorweeg.

Volgens die maatskappy se jongste beraming sal hy steeds R2,8 miljard se herkapitalisering vanaf die regering nodig hê om weer behoorlik op dreef te kom.

Volgens Du Toit is hy en die bestuurslui van Denel nou vol vertroue dat dié reddingsboei wel toegeken sal word, maar dat die maatskappy tot September sal moet uithou voordat dit uitbetaal sal word.

Onderhandeling vir oorbruggingsfinansiering van private banke om Denel se maandelikse salarisrekening van R150 miljoen in die tussentyd te dek, is nog aan die gang.

Volgens Du Toit is dit nie dat die onderhandelinge onsuksesvol was nie, maar net dat dit nog nie afgehandel is nie. Daar is dus steeds ’n kans dat werknemers wel hul salaris sal ontvang, of ten minste ’n deel daarvan, indien die finansiering verkry word.

Meer oor:  Denel  |  Staatsinstellings  |  Maatskappye  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.