Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel bevestig: Werkers kry Vrydag res van salaris
Denel se kantoor in Pretoria. Foto: Reuters

Die oorblywende 15% van hul salarisse wat hulle nog nie ontvang het nie, sal hulle Vrydag ontvang, het Denel se uitvoerende hoof, Danie du Toit, Woensdag aan werknemers belowe.

Dit kom nadat hierdie staatsbeheerde verdedigingsgroep Dinsdag bekend gemaak het dat hy nie genoeg geld het om sy werknemers se volle salaris op betaaldag te betaal nie.

Du Toit het Woensdag die aankondiging bevestig wat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Dinsdagaand in sy repliek op die staatsrede gemaak het dat ’n lener op kort kennisgewing na vore gekom het en die geld aan Denel sal voorsien om die Junie-salarisse ten volle te betaal.

Du Toit het Denel-werknemers verskoning gevra vir die ongerief, en hulle vir hul begrip en volgehoue steun in ’n moeilike tyd bedank.

Volgens hom is Denel vol vertroue dat sy huidige omdraaiplan die langtermyn-volhoubaarheid van die staatsonderneming sal verseker.

Denel soek nuwe kliënte en kontrakte om sy marktoegang te versterk en die ontwikkeling van nuwe tegnologie moontlik te maak, sê hy.

Stelsels en prosesse word in plek gestel om korporatiewe bestuur, doeltreffendheid, inkomste en programbestuur te verbeter.

Denel is in Maart deur die kredietgraderingsagentskap Fitch met 11 vlakke van hoë beleggingsgraad tot spekulatief afgegradeer. Denel het verlede jaar ’n verlies van R1,7 miljard gely teenoor die vorige jaar se wins van R283 miljoen. Hy het ’n staatswaarborg van R3,4 miljard wat tot 2023 verleng is.

Meer oor:  Denel  |  Staatsinstellings  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.