Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel wil Casspirs in ambulanse omskep

Die wapenvervaardiger Denel het ’n projek begin om ’n plaaslik ontwerpte ventilator vir hospitale te vervaardig in reaksie op die tekort daaraan wat weens die Covid-19-pandemie ontstaan het.

Die Casspir is ’n hoogs mobiele en veelsydige voertuig wat in konflikgebiede gebruik word om onder meer te help om landmyne uit die grond te verwyder en vir beskerming.

Hospitale wêreldwyd het ’n groot tekort aan ventilators omdat so baie mense wat die virus opdoen, asemhalingsprobleme ontwikkel en die masjiene benodig.

Danie du Toit, uitvoerende hoof van Denel, sê die departement van openbare ondernemings het die versoek aan Denel gerig om die projek te bestuur.

’n Span is saamgestel uit kundiges van Denel, Krygkor, Eskom en die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) en ander ondernemings om ontwerpe te ondersoek en ’n prototipe van die plaaslike mediese ventilator waarop besluit word, te bou.

Ingenieurs van Denel Dynamics en Denel Aeronautics werk reeds onverpoos op die inisiatief wat projek Sabela gedoop is. Dit beteken “ons reageer op die oproep”.

“Ons is nog in die vroeë stadium van die projek, maar ons is optimisties dat dit sal help om die ernstige behoefte aan mediese ventilators wat in groot getalle by openbare en private hospitale benodig word, te verlig,” sê Du Toit.

Meer oor Denel

Denel Dynamics is ’n wêreldleier in die ontwerp en vervaardiging van gesofistikeerde missiel- en presisiebegeleide wapenstelsels.

Denel Aeronautics is die oorspronklike vervaardiger van die Rooivalk-helikopter en die ontwerper van die Oryx-helikopter.

Du Toit sê Denel het van Suid-Afrika se beste ingenieurs, navorsers en wetenskaplikes in diens, wat in die verlede op gesofistikeerde tegnologieprojekte gewerk het.

“Hierdie opgeboude kennis en kundigheid gaan nou gemobiliseer word om saam met mediese wetenskaplikes te werk om ventilators te bou.”

Hy sê in ’n verklaring die wapenbedryf het al voorheen produkte ontwikkel wat die samelewing gehelp het.

Produkte gegrond op Denel se wapennavorsing word vir die beveiliging van die grens, landbou, mynwese, konstruksie en burgerlike lugvaart gebruik.

Die Casspir word hier gebruik om landmyne uit die grond te verwyder.

“Ons is vol vertroue dat ons binnekort groot vordering sal maak met die ontwikkeling van plaaslik ontwerpte ventilators in ’n tyd waarin daar wêreldwye tekorte ervaar word.”

Denel oorweeg ook om van sy bedrywighede aan te pas om bystand te verleen aan die land in die pandemie soos om handontsmettingsmiddels te vervaardig en om sy bekende Casspir-voertuie in ambulanse te omskep.

Denel PMP, wat ammunisie vervaardig, kyk na opsies om ontsmettingsmiddel vir gebruik in nywerhede en hospitale te vervaardig sodra sertifisering vir die produk uitgeklaar is. Baie van die chemikalieë wat gebruik word om plofstowwe te vervaardig, kan gebruik word om ontsmettingsmiddel te maak.

Meer oor:  Denel  |  Danie Du Toit  |  Wapenvervaardiger  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.