Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Denel wil R2,8 mjd. van staat hê

Denel het die regering vir ’n kontantinspuiting van R2,8 miljard gevra om uit sy finansiële krisis te kom en hom te help om lonende uitvoertransaksies te beklink, sê sy uitvoerende hoof.

Danie du Toit, uitvoerende hoof van Denel. Foto: LinkedIn

Danie du Toit, wat laat in 2018 as uitvoerende hoof aangestel is om ’n omkeerplan by Denel in werking te stel, sê dié plan is op koers.

Volgens hom kan Denel R30 miljard se transaksies in die komende twee jaar beklink as hy hulp kry om sy ernstige kontantvloeiprobleme op te los.

Denel vervaardig militêre toerusting, insluitende ammunisie en pantservoertuie, missiele en helikopters vir die weermag en vir uitvoer.

“Ons het goeie potensiaal vir ’n opbrengs op belegging ná herkapitalisering,” het hy in Pretoria in ’n onderhoud met Reuters gesê.

Hy hoop die kontantinspuiting sal vandeesmaand aangekondig word en dat Denel die finansiering in September of Oktober sal ontvang.

Du Toit sê ook geen aandeelhouding in enige van sy afdelings gaan aan Saoedi-Arabië se wapenmaatskappy, Sami, verkoop word nie. Sami het in 2018 ’n aanbod van $1 miljard gedoen om ’n vennootskap met Denel te sluit. – Reuters

Meer oor:  Denel  |  Reddingsboei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.