Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Derde keer toe nié skeepsreg vir Moyo

Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof van Old Mutual, het Woensdag wéér by die werk opgedaag.

Dit is die derde keer dat hy gaan probeer om terug te keer werk toe.

Dit volg nadat Old Mutual hom reeds twee keer afgedank het.

Heidi Giokos van eNCA twiet vroegoggend dat Moyo net na 08:00 by Old Mutual se kantore in Sandton opgedaag het.


Dit is ondanks Old Mutual wat herhaaldelik bevestig het dat sy tweede afdanking van Moyo op 21 Augustus steeds van toepassing is.

Old Mutual sê egter Moyo is nie welkom om terug te kom werk toe nie en het hom wéér die deur gewys.


Volgens Moyo is dié blokkering nie soos Old Mutual aanvoer “regstegnies regverdigbaar” nie, maar eerder blote minagting van die hof.

“Sy jongste poging tot terugkeer is nog ’n poging om die regstryd te beëindig deur Old Mutual, sy voorsitter en direkteure ’n verdere geleentheid te bied om hul minagting van die hof te versag deur te voldoen aan die bevele van die hof wat op 30 Julie en 6 September onderskeidelik gemaak is,” sê Eric Mabuza, Moyo se prokureur.

Mabuza sê Woensdagoggend hulle gaan nou moontlik die balju moet kry om saam met hulle te kom om Old Mutual te oortuig om Moyo weer by die werk toe te laat.

Meer oor:  Old Mutual  |  Eric Mabuza  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.