Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dié geplunderde sentrums doen weer sake

Verskeie winkels in Mams Mall in Mamelodi, Pretoria, doen reeds weer sake en ander gaan nog in die week wat kom, heropen.

mams mall, mamelodi
Die Mams Mall in Mamelodi in Tshwane het verlede week deurgeloop. Foto: Deaan Vivier

Dié winkelsentrum het tydens verlede week se onluste herhaaldelik in oornag-plundery en -sabotasie deurgeloop.

Dit gaan egter langer duur voordat nog ’n geplunderde sentrum, die Jabulani Mall in Soweto, sy deure kan heropen.

Volgens die eienaar van dié twee sentrums, die genoteerde firma Resilient, word herstelwerk vertraag deur ’n tekort aan winkelvensters en glas.

In Mams Mall het Shoprite en Game reeds weer op Saterdag 17 Julie begin sake doen. Pick n Pay, Clicks en Dis-Chem heropen op Woensdag 21 Julie. Boxer en Nazaams, twee winkels wat erg deurgeloop het, sal na verwagting op Vrydag 23 Julie heropen.

In die Jabulani Mall word verwag dat Shoprite eers teen einde Julie gaan heropen. “Die heropening van die oorblywende winkels word vertraag deur die beperkte beskikbaarheid van winkelvensters en glas.”

Resilient noem Jabulani is met die hulp van plaaslike gemeenskappe opgeruim.

In Amanzimtoti is die meeste winkels in die Galleria Mall en Arbour Crossing Saterdag heropen. Dit sluit in winkels soos Checkers, Pick n Pay, Food Lover’s Market, Game, Woolworths, Clicks en Dis-Chem. Alle ander winkels in die twee sentrums sal na verwagting Dinsdag begin handel dryf.

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Kleinhandel  |  Winkelsentrums  |  Inkopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.