Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Die hare waai tussen Gordhan en Survé
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.Foto: Elvira Wood

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het bewerings ten sterkste ontken wat dié week deur die sakeman dr. Iqbal Survé oor hom en twee regters gemaak is.

Hy sê Donderdagaand in ’n verklaring wat deur Malatji & Co., sy regsverteenwoordiger, uitgereik is, dat hy niks te doen gehad met die klopjag op die beleggingsgroep Sekunjalo se kantoor nie.

Die klopjag is Woensdag deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) uitgevoer. Die FSCA het later in ’n verklaring gesê hy het die klopjag uitgevoer as deel van ’n ondersoek oor beweerde verbode aandeelverhandeling ingevolge die Wet op Finansiële Markte.

Survé, voorsitter van Independent Media en Sekunjalo, het Woensdag én Donderdag gal gebraak oor die klopjag.

Hy het onder meer Woensdag in ’n video gesê wat aangeheg was aan ’n berig van Business Report dat hy glo Gordhan het iets met die klopjag te doen gehad.

Hy het dié bewering Donderdag herhaal.

LEES OOK: Survé reageer heftig na Woensdag se klopjag

Luidens Malatji & Co. se verklaring sê Gordhan dat Survé ongegronde bewerings oor hom maak en boonop die regbank ook aanval.

“Die hoofregter het diegene wat dié soort bewerings oor regters maak, genooi om bewyse te lewer van enige onbehoorlike optrede. Mnr. Survé word genooi om bewyse in te dien van die bewerings wat hy oor die twee regters gemaak het,” lui die verklaring.

Survé het glo gesê dat een regter het geweier om die lasbrief vir die klopjag te teken, terwyl ’n ander dit geteken het omdat hy glo ’n vriend van Gordhan is.

Luidens die brief glo Gordhan dat Survé se uitlatings bloot daar is om as afleiding te dien juis omdat hy en sy maatskappye onder verdenking is vir onderduimshede.

“Wat die Suid-Afrikaanse publiek weet is dat mnr. Survé en sy sakeondernemings deel was van die Mpati-kommissie van ondersoek. Die poging om die aandag hiervan af te lei, deur valse en lasterlike bewerings teen minister Gordhan en ander te maak, gaan hom en ander nie help om verantwoordelik gehou te word vir moontlike wetsoortredings nie.”

Die regsverteenwoordiger wys ook daarop dat Gordhan geen jurisdiksie oor die FSCA het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.