Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dié kitsbanke gaan dalk lank sonder kontant wees

Dit gaan talle weke duur voordat die honderde kitsbanke wat die afgelope paar dae vernietig is, vervang en weer in bedryf gestel word.

Honderde kitsbanke in KwaZulu-Natal is tans toe, baie van hulle omdat hulle in die plundery beskadig is.

Dit raak miljoene mense wat staatstoelaes ontvang en dit elke maand by kitsbanke onttrek, asook mense wat hul salaris wil onttrek of betalings wil doen.

Bankdienste word ook deur die sluiting van tientalle takke en die plundery by winkels geraak omdat baie mense betalings en onttrekkings by kasregisters doen.

Boonop het Fidelity, een van die grootste kontantvervoermaatskappye, gesê hy skort die aflewering van kontant op aan gebiede wat onder plunderaars deurloop.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika het Woensdag gesê die vernietiging van banktakke en kitsbanke in KwaZulu-Natal (KZN) en Gauteng stel die veiligheid, maatskaplike sekerheid, ekonomiese bedrywighede en werk van duisende Suid-Afrikaners in gevaar.

Die meeste banke het al hul takke in KZN toegemaak, asook verskeie takke in Gauteng. Party het sover gegaan om as voorkomingsmaatreël takke in Kaapstad, die Oos-Kaap en ander provinsies te sluit.

“Op ’n tydstip wanneer baie Suid-Afrikaners onder ernstige ekonomiese probleme gebuk gaan, speel banke ’n kritieke rol om finansiële verligting en maatskaplike stabiliteit daar te stel. Die vernietiging van takke en ander netwerke wat banke in staat stel om hul kliënte te bereik, sowel as die koste om infrastruktuur te vervang, kniehalter dié pogings.

“As politieke en maatskaplike stabiliteit en respek vir die oppergesag van die reg nie vinnig herstel word nie, sal Suid-Afrika nie kan herstel van die ekonomiese verwoesting wat jare van swak bestuur en wanadministrasie, vererger deur die vernietigende impak van die Covid-19-pandemie, veroorsaak het nie.”

Capitec, Absa, Nedbank, Standard Bank en FNB het almal aangedui dat takke in KwaZulu-Natal en enkele takke in Gauteng tot verdere kennisgewing gesluit is.

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.