Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Die klok lui vir Dairybelle
Dairybelle se aanleg in Epping wat onder die hamer kom.

Die suiwelmaatskappy Dairybelle is vir baie Suid-Afrikaners sedert kindsbeen ’n huishoudelike naam. Dinsdag het dié maatskappy se fabriek in Epping, Kaapstad, sy deure vir oulaas gesluit ná ’n finale likwidasiebevel.

Die maatskappy se geskiedenis strek sover terug as die 1920’s en jare lank het hy die suiweltoneel in Suid-Afrika oorheers met sy produkte soos botter, jogurt, langlewe- en vars melk.

Clover het die maatskappy se UHT- (langlewe) en jogurt-bedrywighede in 2014 vir R200 miljoen gekoop.

Dairybelle het egter sedertdien in geldelike moeilikheid beland met die plaaslike suiwelbedryf wat onder druk is en plaaslike en oorsese mededingers wat om markaandeel veg.

Die maatskappy is op 17 Januarie voorlopig gelikwideer.

Luidens ’n verklaring van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu), het dié vakbond, die regering en ander maatskappye sonder sukses probeer om ’n sakereddingsplan in te stel om Dairybelle van bankrotskap te red.

Clover het ook vroeër vanjaar gesê dat die likwidasie van Dairybelle hom met ’n voorraadtekort gelaat en negatief geraak het.

Luidens ’n verklaring van die afslaersgroep Clear Asset is Dairybelle nou in onderhandelinge met verskeie belangstellende partye gewikkel oor die verkoop van sy handelsnaam.

Die geboue en roerende bates van die Epping-aanleg sal deur Clear Asset, ’n aanlyn afslaer in swart besit, opgeveil word. Die terrein self bestaan uit twee erwe met ’n private pad en sal op 20 Junie onder die hamer kom.

Volgens Ariella Kuper, besturende direkteur van Clear Asset, bied die roerende bates ’n gulde geleentheid vir kleinsakeondernemings wat wil diversifiseer of hul bestaande infrastruktuur wil opgradeer.

Toerusting vir die maak van vrugtesap, roomafskeiding, maaskaas, botter en kaas sal opgeveil word. Daar is ook ’n volledig toegeruste koelkamer op die perseel.

Meer oor:  Clover  |  Maatskappye  |  Melk  |  Likwidasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.